Print
News - Toeka se dae
Monday, 24 November 2014 23:59
Untitled Document

‘Toeka se dae’ word koffietafelboek

‘Toeka se dae’, een van die Bronnie se gewildste afdelings oor die doen en late van karakters uit ‘n vergange tyd, word in ‘n spoggerige koffietafelboek saamgestel.

Onthou jy nog die Cowboy-kolonel wat die Iere teen die Engelse in die oorlog gelei het of die Boere ‘James Bond’ wat die Russe gevra het om die Britte te verdryf?

Wat van die sjarmante spioen wat Kitchener gesink het, Boerekryger Koos wat Duitsland se eerste motiveringspreker geword het of Myra en haar Italianer wat die Boere in Argentinië help vestig het?

Al jou gunsteling toeka-stories van die afgelope 12 jaar gaan nou in een boek saamgebundel word wat vroeg volgende jaar beskikbaar sal wees. Hou hierdie ruimte dop vir meer inligting oor hoe om die boek te bestel.

Ons druk ‘n beperkte hoeveelheid van dié versamelaarsitem. Om jou naam solank op ‘n waglys te sit, stuur ‘n e-pos met jou naam en kontakbesonderhede na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel
012-734-0522.