Elsabé Maré
Cullinan se
stasie is bekend as ’n
gewilde toeristebestemming
vir die
historiese stoomtreinritte wat na dié
dorp aangepak
word. Die geskiedenis van die geboutjies rondom
die treinspore dateer meer as ’n
honderd jaar terug.
Premier Myn bestaan vanaf 1903
en op vroeëre beplannings van die
myndorp word
reeds verwys na die
gedeelte wat gereserveer
was vir die
stasie en treinspoor.
Dié 1904 mynuitleg wys die reserwe waar die
stasie en spoorlyn gebou sou word
Die Cullinan stasie
se bouwerk het in
1906 begin en is in
1907 voltooi. Soos
die ander sinkhuise
in Cullinan, is die
materiaal vir dié
geboue ook van
Skotland bestel,
hier aanmekaar
gesit en aan die
binnekant met songedroogde bakstene toegebou.

Die aansluiting van die treinspoor van Premiermyn
na die Pretoria-Delagoabaai-roete
Die oorspronklike stasiegebou en
perron word vandag as restaurant
gebruik. Oorkant die treinspore
staan die destydse kaartjieskantoor,
wat nou in vier gedeel is en bestaan
uit ondernemings. Noord van die
gebou is die toekase stasiestoor wat
ook in ’n koffiedrinkplekkie omskep
is.

In die Cullinan Hotel hang die plan van die stasie reserwe
Suid van die kaartjieskantoor staan
drie oorspronklike huise wat in dieselfde
tydperk as die hotel, rondom
1905, gebou is. Die eerste huisie
was bewoon deur die spoorwegbouer,
die volgende een was enkelkwartiere, en die laaste een die
stasiemeester se huis. Vandag is dit
omskep in ’n kunstenaar-beeldetuin
en woning, ’n kontrei koffiewinkel
en gastehuis.

Die stasiemeester se
oorspronklike huis
Die myn se passasierstrein was vanaf 1906 in diens. Die eerste stop
was Rayton-stasie, wat Cullinan
destyds met die Pretoria-Delagoabaai roete verbind het.
Daardie jare kon kinders net tot
standerd ses in die Cullinan-skool
vorder en moes
dan met die myn
se passasierstrein
Pretoria toe ry.

Die ou kaartjieskantoor is in
die agtergrond
Hulle het by Rissikstraat-stasie afgeklim en vandaar na
Afrikaans Seuns- en
Meisieshoër en
Pretoria Boys en
Girls High geloop.
Later is die passasiersdiens gestop
en skoliere het met
’n kortpad deur die
veld na Rayton
geloop om die aansluiting na Pretoria
te kry.
|