Eerste groot kuier by wynlandgoed Print
News - Ons Mense
Thursday, 22 April 2010 17:11
Untitled Document

Die Bronberg se eie wynlandgoed is op 9 April met ?n swierige funksie geopen. Die nuwe, unieke kuierplek is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkop-teerpad.


Akteur, Zack du Plessis, het as seremoniemeester opgetree. Hier is hy besig met die prysuitdeling van die gholfdag wat die openingsfunksie vooraf gegaan het. Zack se vrou, Magda van Biljon, is in die voorgrond


Suid-Afrika se rugbyspeler van die vorige eeu, Frik du Preez, lui die klok om Bronberg Wynlandgoed amptelik oop te verklaar


Kallers uit dieselfde kraal en jarelange vriende Rens van Rensburg, JP van der Merwe en Faan Smuts geniet ?n grappie. Faan is mede-eienaar van die Bronberg Wynlandgoed


Gaste staan nader om die nuwe Bronberg Wynlandgoed se openingsfunksie by te woon.


Nie minder nie as 16 voormalige nasionale en provinsiale rugbyspelers het die openingsaand van die Bronberg Wynlandgoed bygewoon. Hier gesels Thys Lourens, Noord- Transvaal kaptein en Springbokflank, en Hans Straeuli, Noord-Transvaal skrumskakel, 1959. Die Bronberger het ?n foto van die hele groep rugbygeeste geneem en sal dit in ?n volgende uitgawe publiseer