Gemeenskap hou aan bloed skenk ná ongeluk |
|
News -
Ons Mense
|
Monday, 19 August 2019 20:47 |
Untitled Document
Laerskool Tygerpoort het op 29 Julie ‘n bloedskenkdag saam met NG Tygerpoort Gemeente gehou.

Juffrou Marike du Preez, links, en juffrou Wynanda Hibbert
Die nood vir bloed is groot, iets wat veral gesien is met die tekort toe Steyn Steenberg sy ongeluk gehad het. Toe die 16-jarige Steyn Steenberg van Boschkop in Mei baie ernstig in ‘n motorfietsongeluk beseer is en sy been verloor het, het ‘Steyn se storie’ die gemeenskap aangegryp en is hulp en bystand van oral aangebied en ontvang.
Eddie en Ilze Moolman
Mense uit die omgewing het tou gestaan om lewensnodige bloed te skenk. Terugvoer van SANBS Atterbury was dat daar daardie dag 110 eenhede bloed geskenk is en dit het nie eers ander depots ingesluit nie. Dié bloedskenkingstak se daaglikse teiken is 35 eenhede bloed.
Mense sit en wag hulle beurt af by die bloedskenkdag
Met NG Tygerpoort Gemeente en Tygies se bloedskenkdag is 107 eenhede bloed met die hulp van die SANBS ingesamel. Dit is ‘n rekord vir skole in Pretoria. |
|