Tygies haal Top 100 Print
News - Ons Mense
Tuesday, 25 June 2019 09:21
Untitled Document

Sewe Tygies het plekke behaal in die ‘Horison Math Challenge’ wat op 11 Mei gehou is.

Graad vyf, ses en sewe leerders van 25 skole in Pretoria het aan die eerste rondte van dié uitdaging deelgeneem. Die Top 100, wat aan die tweede rondte deelgeneem het, is uit meer as 4 500 leerlinge in Pretoria gekies.


Van links na regs: Yani van Heerden; Crystal-Lee van Dyk; Anje Rademan; Jesse Pretorius; Rigardt Pienaar; Prieur du Plessis; en Marko Hildebrand

Tygies Rigardt Pienaar was 96ste, Anje Rademan 95ste, Yani van Heerden 90ste, Crystal Lee van Dyk 61ste, Prieur du Plessis 55ste, Jesse Pretorius 27ste, en Marco Hildebrand was vierde.