Herfskuier spreek boekdele Print
News - Ons Mense
Monday, 20 May 2019 08:00
Untitled Document

Tierpoort Seniors het op 30 April op boeke gefokus by Jabulani-lapa in Tierpoortweg.

Hulle is deur gasvrou Marinza Herselman verwelkom en rondom die verwelkomingsdrankies van ystee-pons en warm koffie met tuisgebakte koekies deur Paula Sassenberg, is daar eers heerlik tussen die donkies, ganse en sebras gekuier.


Die manne kuier buite

Die tafels was met ou lampies, windpompies en stapels boeke versier. Die boeke- en tydskriftetafel was ‘n groot aantrekkingskrag. Die boeke is deur die gemeenskap en die seniors self geskenk.

Heerlike leesstof is deur elkeen uitgesoek vir besighou voor die winterkaggel.


Paula Sassenburg, Nellie Roos, Marietjie Spoelstra, Freda Stander en Helene Jaume kuier om die tafel


Erick Loubser en Ezabel Espag
.
.

‘n Groot verrassing was ‘n geskenk van Charmaine Lourens van Shokran: Twee kaartjies vir 1 Mei se Fijnwyn. Om in aanmerking te kom vir die prys kon die gaste deelneem aan ‘n stywe vas-vra, wat oor boeke en die geskiedenis daarvan gehandel het. Coen Verhoop was die wenner.


Charmaine Lourens, links, ontvang Dalene en Coen Verhoop by Fijnwyn as wenners van die vasvra-prys

Jabulani se kok, Vincent, het boerewors buite die lapa gebraai en die manne het hulle rondom hom geskaar. Die wors is met regte outydse poetoepap met tamatiesmoor bedien. Nagereg was warm brood-en-botterpoeding met vla.