Krieketklub maak geskiedenis Print
News - Ons Mense
Tuesday, 23 April 2019 12:53
Untitled Document

Die Cullinan Diamantmyn Krieketklub se derde span het geskiedenis gemaak deur die Noordelike Krieket-unie se Laer Liga T20-kompetisie finaal van 2019 te wen. Dit is ‘n groot prestasie omdat dit die eerste T20 is waarin die klub deelgeneem het.


Spanlede agter, van links na regs: Jason van Loggerenberg; Vernon Cope; Raymond Kruger; Wikus Pretorius; Nathan Manser; Arno Louw; Juandré Schoultz; en Frikkie Manser. Voor: Dawie Badenhorst; Gerhard De Beer; Willie De Beer; en Jenner Kotze
Foto: Verskaf

Ná 20 boulbeurte per span het hulle gelykop gespeel teen Adelaars. Volgens die reëls het Cullinan se span gewen omdat hulle die minste paaltjies in die kompetisie verloor het. Die uitslag was Cullinan 155/2 en Adelaars 155/4.

Mense wat by die klub wil inskakel vir die volgende seisoen kan die klub-voorsitter, Dawie Badenhorst, bel by 072-236-0336.