Samesang onder sterre Print
News - Ons Mense
Monday, 12 December 2016 13:18
Untitled Document

NG Gemeente Rayton het op Saterdag 19 November ‘n Kerssangaand onder die sterre, met ’n paar reëndruppels tussenin, gehou. Die aand het om 5 nm afgeskop en Cindy Nel en haar leerlinge het die samesang met musiek en bydraes begelei. Daar was kraampies waar mense Kersgeskenke en eetgoed kon koop en selfs Kersvader het in sy rooi motor met Kersgeskenke vir die kinders opgedaag.