Diamant-stormloop neem dorpie op horings Print
News - Ons Mense
Monday, 12 December 2016 13:16
Untitled Document

Die jaarlikse diamant-stormloop bergfietswedren is op 26 November rondom Cullinan gehou. Meer as 2 400 deelnemers aan die finale rondte van Nissan TrailSeeker se Gauteng-been het by die Cullinan-sportgronde weggespring in ‘n 10 en 19 km pretresies, ‘n 38 km half-marathon en ‘n 68 km marathon.


Die wegspring van die mans-marathon
Foto’s: ZCMC

Op die roetes moes deelnemers spruite oorsteek, hulle weg deur wildtuintjies vind, op die rand van ‘n waterval, deur ‘n grot en oor houtbruggies ry. Familielede wat by die wegspringplek gewag het kon spesialis gebroude bier en kos van ‘n verskeidenheid kraampies geniet terwyl die kleinspan in ‘n speelplek opgepas is.


Oor ’n houtbruggie deur die bosse

Nico Bell het die 68 km marathon vir mans met ‘n tyd van 2:26:55 gewen. In die tweede plek was Philip Buys met ‘n tyd van 2:27:00 en in die derde plek Gawie Combrinck met 2:27:02. Hulle is gevolg deur Thinus Redelinghuys, Jan Withaar, Fanie Venter, Armand du Toit, Juan Jung, Daniel Newman en Lucky Mlangeni.


Die roetes deur die natuurskoon van Cullinan-distrik

Monica Glover het die 68 km marathon vir vroue met ‘n tyd van 3:03:52 gewen. In die tweede plek was Janine Muller (3:17:02) en in die derde plek Mari du Toit (3:17:25). Hulle is gevolg deur Marisa van der Linde, Raiken English, Karyn Southgate, Chantal Haynes, Nina Sender, Leandra Biaan en Ilse Greyling.


Wildebeeste maak pad vir die fietsryers

‘n Sebra hardloop saam

Die eerste drie plekke in die 38 km half-marathon vir mans was: Pieter du Toit (1:18:58); Wessel Botha (1:18:59); en Jean-Pierre Lloyd (1:20:5).


’n Nou paadjie op die rand van ’n afgrond

Die 38 km half-marathon vir vroue se eerste drie plekke was: Danielle Strydom (1:38:51); Tanya Kotze (1:40:32); en Marlene Kotze (1:41:36).


Monica Glover as wenner van die vroue-marathon


Nico Bell steek die wenstreep oor met Philip Buys en Gawie Combrinck wat meeding vir tweede plek


Fietsryers ná die resies op die Cullinan-sportgronde