Kyk na die Bronnie op Ontbytsake Print
News - Ons Mense
Monday, 21 March 2016 07:41
Untitled Document

Die Bronberger gaan op 2 April op kykNET se Ontbytsake te siene wees. ‘n Insetsel op dié program gaan vir kykers vorige uitgawes van Die Bronberger, die Bronnie se mense, kantoor en koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, wys.

Die Ontbytsake-episode word op Saterdag 2 April tussen 7:30 vm en 9 vm op DSTV kanaal 144 uitgesaai. Dit word op Sondag 3 April tussen 7:30 vm en 9 vm, Dinsdag 5 April en Donderdag 7 April tussen 1 nm en 2 nm herhaal.

Die insetsel gaan jou vertel dat die Bronnie een van ‘n baie rare handjievol publikasies in die land is wat werklik onafhanklik van enige publikasiegroep of instansie is. Daar is publikasies wat so iets op ‘n kortstondige basis regkry, maar die Bronnie hou die afgelope bykans 14 jaar steeds aan groei.

Die program gaan ook vir jou wys hoe ‘Toeka se Dae – Die Karakters’ lyk – die koffietafelboek gebore uit Die Bronberger se toeka-artikelreeks met die klem op die kleurvolle karakters uit ou Pretoria.

Die boek is die eerste koffietafelboek wat deur Bronberg Uitgewers gepubliseer is en bied lekkerlees stories wat enigiemand, met of sonder ‘n belangstelling in die geskiedenis van Pretoria, sal boei.

‘Toeka se Dae – Die Karakters’ kos R295, koerier- en poskostes uitgesluit. Skakel die Bronnie se kantoor by 012-734-0522 of vir Tania by 072-089-0227. Die boek is beskikbaar by Heart of Coffee in Cullinan. Bel Kat Behrens by 084-579-1803. Jy kan ook navraag doen by Protea Boekwinkel, Burnettstraat 1067, Hatfield. Skakel 012-362-5684.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .