Boschkop-gemeenskap is groothartig |
|
News -
Ons Mense
|
Monday, 22 February 2016 20:37 |
Untitled Document
Die Boschkopse Polisiestasie het op 13 Januarie ‘n sport-teen-misdaad veldtog geloods.
Hulle het klere en speelgoed vir behoeftige kinders by die Chamberlain-winkelsentrum in die Silver Lakes-omgewing ingesamel.
Mense uit die gemeenskap het hulle harte oopgemaak en klere en speelgoed is ontvang. Van dié is aan Mamelodi SOS Kinderhuis geskenk en is deur die tehuis se hoof uitvoerende beampte, Seoka Matlala, ontvang.

Van links na regs: konstabel Masuku, Seoka Matlala, en sersant Daphne Matlala by die skenkings
Konstabel Masuku, sektorbevelvoerder van sektor twee en sersant Daphne Matlala, die sosiale misdaadvoorkoming-koördineerder by SAPD Boschkop, het die res van die items wat geskenk is namens die Lethabong Voorskoolsentrum ontvang.
Chris Bert, die organiseerder van die veldtog, was baie ingenome met die gemeenskap se groothartigheid. |
|