Klub kyk na Cullinan se tuine Print
News - Ons Mense
Tuesday, 24 November 2015 22:15
Untitled Document

Elsabé Maré

Die Tuinbouklub van Germiston het Cullinan op die naweek van 31 Oktober besoek.  Hulle was aangenaam verras met keurige en kunstige tuine, ondanks die droogte.

Die toer het afgeskop by Cullinan Lodge se individuele tiekie-tuintjies by elke vertrek se voor- en agtertuin. Daarna het hulle die uitgestrekte tuin van Destiny Lodge met sy watervalle, beeldjies en verskuilde kuierplekkies besoek. Volgende op die lys was Victorian Manor met sy baie ruimte, hoë bome en struike.


Klublede by Destiny se spuitfontein

‘n Wildrit deur Windy Brow natuurreservaat

Die volgende dag is die kuiergaste na Windy Brow natuurreservaat buite Cullinan. Die 350 hektaar val pragtig in tussen twee koppies waar daar altyd ‘n koel briesie waai. Die bosveld en hoëveld kom hier bymekaar en dit gee ook so die verskillende plantegroei wat jy per streek verwag.

Koedoes, kameelperde, sebras, blesbokke, rietbokke en klipspringers wissel mekaar af na gelang van die veld.


Tuinbouklub