Kuier noot-vir-noot saam Print
News - Ons Mense
Tuesday, 27 October 2015 10:01
Untitled Document

Die NG Kerk Rayton se Kuierhoekie het op 29 September Noot-vir-Noot gespeel. Gaste wat saamgespeel het was van die Diamantdamesklub, Premiermyn NG Kerk en die Gereformeerde Kerk, Cullinan.

Die speletjie was onder leiding van Magda Pienaar. Koos Pienaar was die tellinghouer en hy het sy werk so ernstig opgeneem dat hy selfs ’n geelkaart uitgedeel het.


Noot-vir-Noot by Rayton se Kuierhoekie. Magda en Koos Pienaar is op die inlasfoto
Foto: Hennie Malan

Al die groepe het deurmekaar gesit, maar is in twee spanne verdeel – span A en B. Span B het naelskraap gewen. Dis ongelooflik watter goeie musiekkennis dié spelers openbaar het.

Susan Coetzee van die Gereformeerde Kerk het die bedankings gedoen. Daarna het almal gesellig verkeer met ’n bordjie eetgoed en koffie of tee.