Vasbeslote pikkies dans vir welsyn |
|
News -
Ons Mense
|
Monday, 18 August 2008 06:09 |
Untitled Document
Twee agtjarige
meisietjies
het op eie
inisiatief ’n
konsert gereël
om geld in te
samel vir die
Paul Jungnickelhuis
vir gestremdes.
Die twee kleintjies
met die
groot welsynharte
se pogings
is aanvanklik
nie ernstig
deur hulle
ouers opgeneem
nie,
maar hulle was vasbeslote om ’n
verskil te maak.
Amber Williamson en Cara van der
Walt het op 25 Julie ’n musiek en
dansvertoning by Amber se ouerhuis
in Mooikloof gehou en
R667.30 ingesamel.“Aanvanklik het ons gedink dit is
net nog ’n speletjie,” sê Amber se
pa Eddie Williamson. “Maar toe
begin dié twee kinders mense nooi
en kaartjies verkoop en eetgoed
vir die konsert reël.”
Eddie sê dat die kinders nou hulle
boeties en sussies en maatjies betrek
en hulle beplan om weer so ’n
fondsinsamelingskonsert te hou.
Dit was vir hulle ’n groot ervaring
om die mense van die Paul Jungnickelhuis
te ontmoet, sê Eddie.

Die agtjarige Amber Williamson, links, en Cara van der Walt, regs, oorhandig die geld wat hul ingesamel het aan Daleen Botes van die Paul Jungnickelhuis
|
|