Perdekarkasse in Pienaarspoort afgelaai PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 23 April 2008 00:00

Annemarie Towsen van Pienaarspoort skryf:

Daar is gedurende Maart en April twee perdekarkasse ge‘dump’ in Pienaarspoort. Een swart merrieperd, foto aangeheg, is reg langs die treinspoor gegooi. ’n Ander perd is ge‘dump’ by die sandgate.

Ons, as inwoners van Pienaarspoort, rig asseblief’n dringende versoek aan die publiek van die Bronberggebied om nie perdekarkasse te ‘dump’ in die area nie, aangesien dit ’n gesondheidsrisiko inhou vir ander perde van die omgewing asook vir die honde en gemeenskap. Volgens wet moet karkasse begrawe word.

Pienaarspoort val nou ook onder ’n bewaringsgebied en is nie ’n ‘dumping site’ nie. Ons kry ook gereeld persone wat hulle vuilgoed by die sandgate kom‘dump’.

Help ons asseblief om hierdie probleem stop te sit.

Die mense van Farm Inn verwyder karkasse van plaasdiere wat nie aan aansteeklike siektes gevrek het nie, gratis. Die karkasse word vir hulle roofdiere gevoer. Bel Pedro by 082-550-4955. –Red


Die perdekarkas is langs die treinspoor by Pienaarspoort gegooi
Foto: Annemarie Towsen

 

© 2019 Die/The Bronberger