Waar kom Kersvader se rooi
uitrusting vandaan? Ons
het op ’n versameling poskaarte,
wat almal uit die jaar 1910
dateer, afgekom en besef dat Kersvader
’n honderd jaar gelede groen,
blou, bruin en selfs pers uitrustings
kon dra.
Dié blou-geklede Kersvader
op ’n 1910 poskaart kos
vandag ’n aardige bedraggie |
Dié Duitse poskaart met ’n
groen Kersvader is in reliëf
met ’n glansafwerking |
Daar is ’n populêre mite dat dit die
Coco Cola maatskappy is wat Kersvader
in die 1930’s van sy groen jas,
broek en hoed laat ontslae raak het.
Blykbaar het hulle hom in helderrooi
aangetrek om
te pas by
Coco Cola se
handelsmerk.
Dié blou en wit
Kersvader kom
uit Duitsland
van 1910 |
Versamelaars
gaan mal oor dié
pers Kersvader
se stewels met
hulle geel diamantvormige
versierings |
Hier het ?n
rooi-jas
Kersvader ?n
groen broek
aan terwyl
hy met die
een voet
reeds in die
skoorsteen
staan |
Volgens kenners
is dit egter
nie waar
nie. Kersvader
het reeds in
die 1860’s in
’n rooi uitrusting
in ‘Harper’s
Weekly’
verskyn. Die
uitbeelding
van dié Amerikaanse
Sinterklaas
is
deur Thomas
Nast gedoen
Nog ?n poskaart
van ?n
blou Kersvader,
dié keer
saam met ?n
rendier |
?n Blou Kersvader
bring persente met ?n
kruiwa |
Die feit is dat Kersvader dwarsdeur
die 19de eeu in enige denkbare
kleur uitrusting uitgebeeld is. In ’n
gewilde tekening
van Kersvader wat
as illustrasie vir
Charles Dickens se
‘A Christmas Carol’
gedien het, verskyn
hy in ’n groen uitrusting.
Die poskaart
met ’n seegroen
Kersvader lees:
Vive St.
Nicolas
Die tradisie van ’n pers, groen, blou
of bruin geklede Kersvader het
egter uitgesterf en vandag is dié
jolige vetwang, witbaard man net in
Coco Cola se kleure herkenbaar as
Kersvader.
?n Bruin-jas
Kersvader
met ?n slee,
Kersboompie
en sak
persente |
?n Pers-geklede Kersvader hou
?n lampie vas. Die poskaart sê:
With All Good Wishes |
|