Het jy geweet dat gratis praatjies
oor kleinsake ondernemings
weekliks by Bronberg Wynlandgoed gehou word? Jaco
Erasmus is die aanbieder en hy sê
daar het die afgelope paar maande
heelwat interessante brokkies inligting
uit die gehoor gekom. Hier volg
’n opsomming van
praatjie-temas, sowel
as van die gehoor
se opmerkings.
Personeel
Daar is vele mynvelde
hier, soos die
indiensnemingskontrak
se bewoording,
’n dissiplinêre
kode en grieweprosedure,
sowel
as wat verwag kan
word by die CCMA.
Aanbieder Jaco
Erasmus het vertel
hoe hy self in ’n
CCMA verhoor net
op sy dokumentasie
kon staatmaak
vir ’n billike verhoor.
Geen mondelingse
getuienis is
aanvanklik aangehoor
nie. Verder
het ons die opsies
rondom salarisrol
sagteware bespreek
en wat elkeen se voordele
en kostes is.

Gratis weeklikse praatjies
Ouditvoorbereiding
Skarrel jy voor ’n oudit om alles
betyds reg te kry? Moet jy ure afstaan
aan ouditpersoneel met die
oudit? Jaco het die gehoor deur die
soorte oudits begelei en ook die
nuwe Maatskappywet se moontlike
implikasies vir oudits bespreek. Uit
die gehoor is daar verneem hoe
mense sukkel om te verstaan wat
altyd met ’n oudit verlang word asook
hoe vinnig kostes kan styg as jy
onvoorbereid is. 1StopFin se “straatwyse
ouditlêer” is bekend gestel,
wat sake vir entrepreneurs in die
toekoms behoort te vergemaklik.
Kontantvloeibeplanning
Dié is altyd ’n interessante sessie.
Daar is grafies aan die gehoor gewys
hoe jy ’n groot verbetering aan
jou kontantvloei kan maak sonder
om omset te verhoog of pryse te lig
– net deur jou debiteure, voorraad
en krediteure beter te bestuur (kontant-
omsettingsiklus). Een kliënt het
tydens ’n opvolg-afspraak agtergekom
dat, ten spyte van die feit dat
hy sy besigheid kontant bedryf, hy
’n hele paar duisend Rand in uitstaande
debiteure het.
Opsomming
Met die laaste sessie in die reeks is
die vorige temas opgesom en is ’n
bietjie dieper gedelf. Wat is die verskil
tussen wins en kontantvloei?
Wat nou gemaak as jy wins op
papier toon maar nie geld in die
bank het nie? Die gehoor kon hiermee
identifiseer en heelwat is
gepraat oor waarom ons nou eintlik
’n besigheid het.
Vanaf Januarie 2011 word dieselfde
reeks aangebied, sowel as ’n nuwe
reeks in Februarie. Kontak
1 StopFin
om plek te bespreek. Besonderhede
is op hul advertensie. Die besprekingsgroep
is doelbewus klein, sodat
almal genoeg tyd het om vrae te vra
en antwoorde te kry. |