Lieve oom Krismisvader,
Dis weer ekke oom, soet
Daantjie van plot 88 hier op
Donkerhoek. Oom Krismisvader
weet mos nog waar ons bly? Lings
by die kliphek net annerkant oom
Piet Perde se plek? Oom was virlede
jaar hier maar toe bring oom mos
per ongelik vir my ’n tweewiel
baaisiekel in plaas van ’n kwatbaaik.Toemaar, oom. Ammal maak party
keer foute. My ma sê so. Sy sê
ammal maak foute, maar dis net my
pa wat hille anmekaar maak.
Ek weet ek het virlede jaar gevra vir
’n rooie, maar hille maak nou sikke
pukswartes, oom. Sal oom Krismisvader
vir my liewerster hierrie jaar
een van daai pukswart kwatbaaiks
bring en as oom weer ’n fout maak
soos virlede jaar, maak dit dan maar
met ’n pert. Ok ’n swarte met lang
maanhare en ’n dik nek en groot
voete soos oom Wiekter Mêtfield.
Ek weet glad nie hoekom nie, maar
hille noem daai soort pert ’n friets
oom, maar joe oom, dis mooi perte.
Tannie Cariena van oom Jan Pot van
Mooiplaats het sikkes.Oom kan gan
kyk.
As oom Krismisvader daar deur
Bronkorstspryt kom op pad
Donkerhoek toe om my
kwatbaaik af te laai, kan
oom sommer ’n draai
maak by Koengwienie?
Dan laai oom ‘seblief
sommer ’n klomp joes
en ’n klomp kloes
daar by hille kantoore
af. Ek hoop oom het
genog van dit. Ek
weet nie so mooi
watse goed dit is nie,
maar my pa en oom
Josef Blinkdam het
annerdag gesit en keier
en toe hoor ek hille is sommer
baie kwaat oorie mense
van Koengwienie joesless is en
nie ’n %$%X kloe het nie.
As oom nog van dit oor het as oom
nou klaar by Koengwienie was, kan
oom sommer vir arme ou Snorre
vannie rakbie ook van daai vat. My
pa sê ou Snorre het glad nie ’n kloe
nie. Wat is ’n nar oom?
Hille, my pa nou en oom Josef Blinkdam,
het nog baie gepraat daai dag
en oom Krismisvader moet asseblief
ook ’n draai by die rigeering maak,
oor hulle ok nie kloes en joes het nie
en ok ’n klomp ander goed wat ek
nie virstaan nie en buitendien nie vir
kinners se ore bedoel is nie. My ma
sê so. Ek dink hille bly innie Kaap of
partykeer in Petoria ok, maar ek
dink miskien was hille nie soet
genog om presente te kry nie. Nou
nie my ma hille nie, die rigeering.
Ek weet nou dis nie oom Krismisvader
wat die babas bring nie.
Onthou oom, ek het virlede jaar
geskryf my ma sê oom gaan vir ons
’n babasussie bring vir Krismis en
toe bring iemand my sussie aan
toe’s Krismis al laaankal verby en
toe was oom al klaar hier met my
verkeerde baaiisiekel. So nou weet
ek dis of die ooiefaar of die glipsie,
soos my pa eenkeer gesê het.
Al het ek virlede jaar gesê oom
moet liewer ’n baba hondjie of ’n
playsstysjin bring, is my sussie eintlik
oukei, al het oom haar toe nie eers
gebring nie. Maar oom het toe ook
nie ’n hondjie of ’n playstaysjin
gebring nie. Nou kan oom mos hierrie
Krismis vir my sussie ’n klein
hondjie bring en vir my boetie
Neelsie ’n playstasjin, asseblief oom.
Dit sal mos nie virkeerd wees as ek
net so nou en dan ok daarmee speel
nie, nè oom.
Onthou oom, ’n kwatbaaik. ’n
Pukswarte, of ’n friets pert as oom
’n fout maak.
Dankie, oom.
Van Daantjie |