By een van ons verspreidingspunte het ’n Amerikaanse vrou baie opgewonde
haar Bronbergers ontvang. Op die vraag of sy dan Afrikaans kan lees, het
sy geantwoord dat die Internet ons stories vir haar vertaal. Sy gaan bloot na
ons webtuiste, www.bronberger.co.za, en kies Google se ‘translate’ opsie by
elke storie.
xxx
Baie benoude oproepe het gevolg nadat Die Bronberger se verspreidingspunt
in Lynnridge Mall verander het. Lesers het voorheen hulle tydskrifte by
Leeubrug gekry, wat intussen getrek het. Bronbergers is nou by die blommewinkel
oorkant die poskantoor beskikbaar en by Lots of Pots, oorkant die
pad.
xxx
Die straatkantmuur by Cullinan se ‘cultural village’ oorkant die stasie is na
baie maande se stadige, en puntenerige werk deur ’n deeglike kunstenaar
eindelik klaar beskilder. Die pragtigste, kleurvolle Ndebele-patrone op die
lang muur was die gevolg. Maar skaars was die stomme ou klaar met sy
taak, of ‘hulle’ kom en verf sy hele kunswerk toe met wit verf. Nou hoor
ons, maar ons kan dit nie bevestig nie, dat die rede vir dié sinlose optrede
juis daarin lê dat dit Ndebele-kuns was. Blykbaar het die Pedi-oorheersde
owerheid nie gedink dis ‘cultural’ genoeg nie. Wat die kunstenaar betaal is
vir sy maandelange, vrugtelose arbeid kan net bespiegel word.
xxx
Die skandes en skades van die Bronberg se mense loop blykbaar volspoed
soos die jaar na sy einde toe snel. Skaars het ’n bekende plotbewoner van
Zwavelpoort die smeerblad ‘Sondag’ gehaal met sy manewales en bakleiery
in ’n plaaslike gay klub, nogal, of ’n Silver Laker beland in die pekel en
op die voorblaaie van al die koerante oor sy haar rugbyspelende troetelknapie
glo wou laat vermoor. En ons hoor ’n Romeo van Tierpoort wou
haastig hakskene wys toe die skoonheid waarby hy gekuier het se
wederhelfte onverwags by die huis opdaag. Ongelukkig vir hom jaag hy toe
blykbaar in sy koorsagtige haas ’n hoekpaal des dinges. Hy het glo nog
gesukkel om die gekweste kar aan die gang te kry, toe manlief om die draai
kom . . .
xxx
Phase one of Pathways Residence’s building process has started and fundraising
drives for this Tierpoort-based project are in full force. You can take
a look at the plans for the Pathways Residence at www.pathways-residence.
co.za. For more information contact Carol Carlsson at 082-785-1542
or Beverley Viviers at tel: 082-495-6710 or e-mail:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
xxx
Meer gemeenskapsveiligheidsgroepe in die Bronberg-omgewing ondersoek
die moontlikheid van aankope wat hul sal help om lewens te red, die
omgewing ’n harde teiken vir misdaad te maak en toekomstige bedreigings
aan te spreek. Dié toerusting strek van termiese beeld sigtoerusting
waarmee ’n mens in die nag kan sien tot noodhulptoerusting soos draagbare
en suurstofsilinders.
xxx
With the festive season approaching, authorities are warning motorists to
pay cash rather than hand over credit cards at toll roads. Bank card skimming
syndicates are now targeting tollbooths on highways. Skimming
devices are used to capture the information on the magnetic strips of bank
cards, they say. |