Patrollie-ry bekamp misdaad PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 18 March 2008 00:00

Breytie Breytenbach

Die meeste van die misdaad in die Boschkop Polisiestasie se gebied vind plaas in omgewings waar die inwoners nie georganiseerd weerstand teen misdaad bied nie. Anders gestel: om jou woonbuurt te laat saamwerk om patrollie te ry en die bure te laat verantwoordelikheid neem vir mekaar, is ?n baie effektiewe manier om misdaad te bekamp.

Dit is die boodskap wat weereens duidelik geblyk het uit die misdaadstatistiek van Boschkop SAPD. Ons het di goeie nuus gekry by die jaarvergadering van die GPF wat op 21 Februarie gehou is. Eintlik is dit verstommend dat daar nog steeds gemeenskappe is wat nie di waarheid met gejuig aanvaar nie. ?n Illustrasie van die verstommende apatie l in die feit dat die GPF nog steeds geen gemeenskap aan die suidekant van die Bronberg georganiseer kan kry nie. Dit is juis daar waar die statistiek gegenereer word.

Gelukkig is daar ?n merkbare ontwaking onder die swart inwoners. Maar helaas, ook net aan die noordekant van die berg. Met die vergadering was daar goeie verteenwoordiging van swart gemeenskappe, terwyl daar in die verlede net wit gesigte opgedaag het. Nou het die arbeiders die deur op ?n skrefie oopgemaak vir ons om te probeer om hulle ook georganiseerd te kry. Maar dit sal moeilik wees, want die skelms bly tussen hulle. Juis dit is die groot klagte. Die mense ?van ander lande? kom slaap soms daar, ?doen die crime? en verdwyn eenvoudig. Geen naam, adres, werkgewer of identiteit nie.

Dis oor hulle hier in diens geneem word, kla die polisiekaptein. Dis oor hulle bereid is om hard te werk sonder om moeilikheid te soek, verdedig iemand. Wel, as jy gevang word dat jy ?n ongedokumenteerde persoon in diens het, is die boete R25 000 vir elke sodanige werker. Dis ?n dilemma. Die plakkers is nie die enigste mense wat probleme het omdat die skelms tussen hulle bly nie. Inwoners van sekuriteitskomplekse of veiligheidsdorpe sit met dieselfde probleem. Skelms huur eiendom daar binne sodat hulle onder beskerming rustig kan voortgaan met hulle bedenklike agendas.

Waar vlug ?n man heen?

Kom volg ons. Ry patrollie. En luister. Hoekom blaf buurman Koos se hond so? Ons sal beter kan sien wat aangaan as wat Koos by sy kamervenster kan uit sien. Mre doen hy dit vir my.

Vir meer inligting, bel vir Breytie Breytenbach by 012-802-1532.

 

© 2019 Die/The Bronberger