Ons hou vakansie Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 09 December 2010 22:52
Untitled Document

In Desember gaan ons ook ’n bietjie afsaal. Die Bronberger se kantore sluit saam met die skole op Vrydag 10 Desember.

Ons Januarie-uitgawe gaan ’n bietjie later as in ander maande op straat verskyn. Ons wag dat al ons lesers en adverteerders veilig terug is van vakansie af en gereed staan om die nuwe jaar met nuwe ywer aan te pak voor ons weer afskop.

Die skole begin op Woensdag 12 Januarie en ons sperdatum vir advertensies in ons eerste uitgawe van die nuwe jaar is op Vrydag 14 Januarie. Die eerste Bronberger van 2011 versprei vanaf 24 Januarie.

Ons sien uit daarna om in die nuwe jaar weer van julle te hoor. Die Bronnie bied deurgaans leesstof in ons argiewe by www.bronberger.co.za.

Ons sal steeds in die vakansietyd beskikbaar wees op ons selnommers. Bel Gerhard by 082-377-6807, Tania by 072-089-0227 of Angie by 083-959-1016.

 

© 2020 Die/The Bronberger