Ons kan help om jou voorsate op te spoor |
|
|
News -
Toeka se dae
|
Tuesday, 16 November 2010 10:52 |
Untitled Document
“’n Mens bestaan nie opsigself nie; jy móét weet
waarvandaan jy kom en wie jou voorsate is” (M.E.R.)
Weet jý waarvandaan jy kom?
Ken jý jou voorsate?
Moenie hierdie vreugde, wat op ’n
ontdekkingstog ervaar word, misloop
nie!
Ons kan jou help!
Die Bosmans in 1899 |
Die Versters in 1892 |
Op die tweede Dinsdag van elke
maand van 10:00 tot 12:00 leer ons
belangstellendes hoe om hulle eie
voorsate op te spoor. Groot sukses
is al hiermee behaal. Indien jy voltyds
werk kan ons jou Saterdae of
na-ure in die week help.
Met elke byeenkoms word ’n interessante
praatjie oor ’n genealogiese
onderwerp aangebied soos:
- Naamgee konvensies onder volke
- Erfenis van voorouer gene
- Foto’s vertel ’n storie
- Konsentrasiekamp ervarings
- Die verspreiding van homo
sapiens oor die aardbol
Ons reël van tyd tot tyd besoeke
aan argiewe, waar baie belangrike
genealogiese navorsingsbronne
gevind kan word.
Indien jy nie kans sien om dit self te
doen nie kan ons dit vir jou doen.
Die Mosterts |
Hulp om troudatums
op te spoor |
Doelwitte van navorsing kan wees:
- Opspoor van patriargale stamlyn
tot by die stamvader
- Opspoor van matriargale stamlyn
tot by die stamvader
- Opspoor van matriliniêre stamlyn
tot by die stammoeder
- Opspoor van grootouers se stamlyne
tot by die stamvaders
- Opspoor van alle stamouers in
Suid-Afrika (10 geslagte kan 1 024
oplewer)
- Die grafiese voorstelling
van bogenoemde resultate
(stamboom, fotoboom,
waaierkaart, ens.)
Wie is ons?
Paul en Ria Bosman
KleinGen Familienavorsers
082-851-4039 (Paul) & 072-377-6021
(Ria) en 012-802-1009
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Paul se fotoboom
|
|