Gawe mark wil diere help red Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 21 October 2010 06:39
Untitled Document

Gee jou Gawe Kersfeesmark word vanaf 19 November tot 28 November by die Griekse Gemeenskapsaal op die hoek van Lynnwoodweg en Roperstraat, Brooklyn, gehou.

’n Spesiale aand word op Vrydag 19 November om 5 nm gehou. ’n Honderd minderbevoorregte kinders van Solidariteit Helpende Hand word met versnaperinge bederf by ’n poppespel, geborg deur Pierneef Teater.


Produkte by die Gee jou Gawe Kersmark

Dié mark is ten bate van liefdadigheid en die instansie wat vanjaar baat daarby is Wet Nose Dierereddingsentrum. Kuns en handewerk word deur meer as 200 goedgekeurde uitstallers aangebied. Die mark word daagliks aangevul en daar is ’n teetuin en veilige parkering.

Vir meer inligting, kontak Mariëtte Basson by 082-900-1277 of 076-689-0584.

 

© 2020 Die/The Bronberger