Witpoorters herwin afval Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 21 October 2010 06:36
Untitled Document

Meer as 300 kg se plastiek, glas en blik is binne drie insamelingsdae deur Laerskool Witpoort-leerders herwin.


Voor van links na regs: Ruan Benade, Jeandre Stoltz, Robert Hindley en PN Basson.
Agter van links na regs: Keanu Badenhorst en Dylin Hoffman

Dié skool het ’n herwinningsprojek in die derde kwartaal geloods waar elke graadgroep opgelei word om afval uit te sorteer en ’n beurt kry om met die herwinning te help. Met Nasionale Herwinningsdag op 17 September het dié leerders gewys dat hulle ’n bydrae lewer om kosbare hulpbronne te bewaar en ons planeet vir toekomstige geslagte op te pas.


Herwinning in aksie

Die gemeenskap kan elke Vrydag in die skoolkwartaal van 7 vm tot 8 vm hulle glas, karton, blik en plastiek na die laerskool bring om herwin te word. Vir meer inligting, bel vir Sonja Hindley by 079-888-3076.

 

© 2020 Die/The Bronberger