’n Bekende veearts van ons gebied se naam is gevind op briewe wat saam
met dieremedisyne en rommel langs die Boschkop-pad in Mooiplaats gestort
is. ’n Besorgde Mooiplaats-inwoner het ’n klagte by die Boschkopse
Polisiestasie gaan lê nadat sy gesien het hoe kinders met die medisyne op
die rommelhoop sit en speel. Sy sê dat twee konstabels uitgegaan het om
die saak te ondersoek en dat die hoop rommel die volgende dag verdwyn
het.
xxx
Wippe word steeds oral in die Bronberg-gebied gestel en dit is ongelukkig
waar baie geliefde troeteldiere aan hul einde kom. Die Breytenbach-gesin se
miniatuur worshond reuntjie, Wintie, het op 30 September in die omgewing
van die Meerkatpad in Mooiplaats verlore geraak. Met groot hartseer is
Wintie later in ’n wip op die Breytenbachs se buurplot, wat meestal onbewoond
is, gevind. Hy was reeds dood.
xxx
Landboukorrels Boeredag word op Vrydag 29 en Saterdag 30 Oktober deur
Radio Pretoria en TLU SA op die Cullinan Boere-unieterrein aangebied. Dit is
3,5 km oos van die Cullinan-vierrigtingstop op die Bronkhorstspruitpad. Die
Saterdag pretdag bied stalletjies, demonstrasies, vermaak, boeresport en ’n
veeveiling.
xxx
Boewe wat die Bronberg-omgewing teiken, het ’n nuwe, baie betalende
bedryf aan die gang gesit. Hulle steel vragmotorbande – van die vragmotors
af. ’n Paar inwoners van die omgewing het in die afgelope maand deurgeloop.
Een inwoner van Mooiplaats het R8 000 skade gely toe net een van
sy vragmotor se bande gesteel is.
xxx
’n Welbekende in die Onbekend-
gebied het haar ’n
maand of wat her weer in die
huwelik bevestig. Op ’n
uithang-geleentheid het Arna
Scheffer mev Arna Greyvenstein
geword toe sy met
Evert in die eg verbind is.
xxx
Ons hoor dinge het onlangs warm geraak by ’n plaaslike kuiergat in die
noorde van Bronberg-wêreld. Blykbaar het ’n kêrel van Cullinan ’n ramkat
van Rayton verkeerd opgevryf en toe spat die vonke behoorlik. Die twee
sou mekaar glo
later dié maand
weer ontmoet –
dié keer in die
hof.
xxx
Die Bronberggebied
sorg op
27 November weer
vir ’n eerste in die
groter Pretoria se
geskiedenis, as die
eerste volwaardige
wynfees by Bronberg
Wynlandgoed
aangebied word.
Nagenoeg twintig
kelders uit die land
se belangrikste
wynstreke sal aan
die fees deelneem.
Benewens die vermaak
van voor-die-hand-
liggende aard
(wyn en kos) sal
allerlei vertonings
en aanbiedings vir
die ekstra sorg. |