Cullinan se liggaamsbouers haal SA span Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 24 September 2010 07:55
Untitled Document

Twee van Cullinan se liggaamsbouers het die Suid- Afrikaanse span gehaal wat van 26 tot 30 Oktober in Slovakia aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem.


Tiaan Lewis in die onder 21 kategorie

Tiaan Lewis en Jozua Naude het op Saterdag 21 Augustus by die SA Nuweling Kampioenskap vir liggaamsbouers teen nege provinsies, waarvan daar altesaam 78 atlete was, deelgeneem. Hulle was die enigste twee wat gekies is vir die Junior SA span.

Tiaan wat in die onder 21 kategorie deelgeneem het, het ’n eerste plek in Mans Aërobiese Fiksheid o/21 verwerf. Jozua, wat slegs 14 jaar oud is maar deelgeneem het in die o/16 kategorie, het ’n eerste plek in Junior Aërobiese Fiksheid o/16 behaal.


Jozua Naude in die onder 16 kategorie

Tiaan en Jozua is genooi om die Mandela Baai Nag van Kampioene op 18 September te open. Hul is ook genooi om die Senior SA Kampioenskap vir liggaamsbou by Carousel op 1 en 2 Oktober te open met hulle roetines.

 

© 2020 Die/The Bronberger