Minnie Magic maak sy merk PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 18 March 2008 02:00
Untitled Document

Suid-Afrika se eerste swart miniatuur donkie is in die Bronberg-gebied gebore. Dié hingsie, wat op 18 Februarie vir die eerste keer die lig gesien het, is Genesis gedoop omdat hy die begin van ’n nuwe kleur miniatuurdonkie in die land is. Hy is pikswart met ’n wit lip, hoewel sy ma spierwit is.

Genesis is die tweede vul van Black Magic, die swart miniatuurdonkie wat Gert Vorster van The Small Five in Desember 2006 ingevoer het. Black Magic se eerste vulletjie is ’n grys merrie, genaamd Joy, wat op 6 Februarie gebore is.

Onushka, nog ’n merrietjie, is Black Magic se derde vul en is op 23 Februarie gebore. Sy het ’n wit bek, wit om die oë en ’n wit pens. Gert sê dat hy nog altyd ’n swart-witpens donkie wou gehad het.


Drie miniatuurdonkies is in Februarie in die Bronberg-gebied gebore.
Van links na regs staan Joy, Onushka en Genesis.

 

© 2019 Die/The Bronberger