Cullinan se antieke mark stoom voort Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 18 August 2010 02:39
Untitled Document

Elsabé Maré

Die volgende antieke Under the Oaks-mark in Cullinan is op Sondag 5 September en val saam met die terugkeer van die stoomtrein.

Die Friends of the Rail-klub onderneem op dié dag ’n geskiedkundige eerste rit ná die ongeluk wat op Vadersdag, 20 Junie die lokomotief, kolewa en watertenk net buite Cullinan beskadig het.


Die 2650-stoomlokomotief wat op 5 September diens sal doen

Die 2650-stoomlokomotief klas 19D of te wel Cheignette, vervang die beskadigde 3117-lokomotief klas 15F. Sy ondergaan herstelwerk in Capital Park. Volgens Arno Victor, van Friends of the Rail, is daar taamlik skade aan die lokomotief met die kajuit wat gebuig is en pype wat beskadig is. Wat nou tyd vat, is die man-ure van opgeleide mense wat nodig is om die herstelwerk te doen. Gelukkig kan van die onderdele van die klub se museum verkry word.


Karl, organiseerder van die antieke mark, met ?n ongeveer 400 jaar oue Kautang Martovan of Voorraden Pot uit die Ming Periode

Alle passasierswaens is deur die klub en Transnet geïnspekteer en veilig verklaar. Transnet het reeds die week wat die ongeluk plaasgevind het, die spoor herstel. Arno vertel dat persoonlike inspeksie deur die klub uitgevoer sal word op die risikogedeeltes van die spoor op 5 September, die dag van die uitstappie.

Die trein gaan dié dag 470 Bosveld Stereo-luisteraars van Hermanstad na Cullinan neem. Volgens Rensia van Wyk, die radiostasie se skakelbeampte, gaan Bosveld Stereoomroepers die passasiers vermaak.


By die Petite Chvre-stalletjie van Hendrik en Karen Serfontein koop jy bokmelkprodukte, fudgesous, nougat-en-heuning lekkers en bokmelkkaas

Daarna gaan hulle braai en piekniek hou op die grasperke in Oaklaan of kuier by die restaurante. Rensia vertel dat die uitstappie so gewild is, sy kon nog drie sulke toere reël.

Under the Oaks-mark vind elke eerste Sondag van die maand plaas in Oaklaan, Cullinan. Versamelstukke en kunswerke, tuisgemaakte produkte en vars groente word te koop aangebied.

 

© 2020 Die/The Bronberger