News -
Ons Mense
|
Wednesday, 18 August 2010 02:36 |
Untitled Document
Twee Bronbergers het die Fauresmith
perde-uithourit in Julie, suksesvol
voltooi. Net 57% van die perde wat die rit
begin het, het klaar gemaak.
Wilna Meiring op Amor het die rit in 10 ure en 16
minute voltooi en Geraldine Bouwer op Meira
Sabrina het die rit in 14 ure en 40 minute voltooi.

Wilna
Meiring
op Amor
Foto?s:
Fauresmith
uithourit
Wilna, van Mooikloofrif, was 20ste in die standaard
afdeling. Dit was Geraldine, van
Kameelzynkraal, se eerste Fauresmith en sy het
39ste in die liggewig-afdeling geëindig.
Die Fauresmith uithourit van 201 km oor drie dae
word as een van die moeilikste uithouritte in Suid
Afrika bestempel. Vanjaar is dit van 6 tot 8 Julie
gehou.
Wilna en Geraldine se perde woon en oefen op
Clarawi Uithourit Plaas in Kameelzynkraal.
 Geraldine
Bouwer
op Meira
Sabrina
|
|