Moenie vergeet dat die Bronnie in September verjaar nie. Ons word agt jaar
oud en nooi alle lesers en adverteerders om deel van dié baie spesiale
gedenk-uitgawe te word. Bel vir Tania by 072-089-0227 of ons landlyn by
012-734-0522 om jou plek in dié versamelstuk te bespreek.
xxx
Wolf Snyckers, voorsitter van die Magalies-Bronberg Grondeienaarsvereniging
(MBGV) is gediagnoseer met longkanker en ’n breingewas. Hy is geskeduleer
vir ’n operasie. MBGV en Conserv-lede, bure en vriende wens hom
sterkte toe met sy operasie en ’n spoedige herstel. Wolf is ’n Mooiplaatsinwoner
en lid van die Boschkop Conserv-afdeling.
xxx
’n Verkeersimpakstudie is deur Corli Havenga Vervoer Ingenieurs op Garstfonteinweg-
verlenging laat doen met die oog op nuwe ontwikkelings soos
die beoogde Mooikloof Retail Park, 20 500 m² se kleinhandelontwikkeling,
en Prairie Giants, 40 000 m² se kleinhandelontwikkeling. Volgens die studie
moet Garstfonteinweg opgegradeer word om minstens drie bane te hê
vanaf Mooikloof se ingang, verby Blesbokweg en tot by Newlands Staal se
ingang. Alle toegangspaaie in dié deel sal met verkeersligte beheer moet
word. Die studie is goedgekeur deur Kungwini en Gautrans.
xxx
Daar is ’n nuwe konstabel by Boschkop Polisiestasie. Konstabel Elmarie Ras
is aangestel as die sektor-bestuurder vir GPF sektor drie, Mooiplaats en
Pienaarspoort, en sektor vier, Boschkop, Kleinfontein, Donkerhoek, Tweedraght
en Rhenosterfontein. Die GPF sê baie dankie aan reserwe-konstabel
Bennie Malan, ’n Mooiplaats-inwoner, wat as sektor drie bestuurder ingestaan
het in die afwesigheid van ’n permanente SAPD-lid.
xxx
Al die poue by Lungile Gastehuis in Garstfonteinweg-verlenging is weg.
Eienares Sonya Badenhorst sê sy vermoed dat hulle opgeëet is deur die
begraafplaas-plakkers.
xxx
Gretchen van der Merwe van Zwavelpoort sê dat hulle visvang advertensie
in Die Bronberger so goed gewerk het, dat dit nou ’n hele nuwe bedryf aan
die gang gesit het. Gretchen is baie opgewonde oor haar nuut opgegradeerde
kothuis en tuineenheid vir gaste.
xxx
Laerskool Witpoort hou ’n kaas en wyn-aand op Vrydag 20 Augustus om
6.30 nm vir 7 nm. Wynversamelaars en leke is welkom om dié gesogte wynversamelings
en landgoedwyne vanuit Namakwaland en die Wes-Kaap te
beproef teen R120 per persoon. Bespreek by 082-452-4709 of 011-964-1241.
xxx
Lt Col McIntosh of SAPS Bronkhorstspruit Cluster Trio Team will be addressing
the Boschkop Community Policing Forum on the topic of crime scene
management at 7 pm on Thursday 19 August at Farm Inn.
xxx
Wet Nose Animal Rescue Centre is having an Ark On The Edge Festival on
28 August. A variety of well-known artists will be singing to raise funds for
all the homeless, abandoned, neglected and rescued pets in Wet Nose’s
care. For more information phone 013-932-3941/2. |