Johan Brink van Faerie Glen sê hy koop nie die verklaring van die vreemde
onwelriekende “reën” wat in Mooiplaats geval het nie. Hy sê die binnekante
van vliegtuie is hermeties verseël sodat die lugdruk daar hoër as die lugdruk
buite gehou kan word. Die tenks van die toilette is ook binne hierdie verseëlde
ruimte, en
daar is geen
manier dat enige
“oorspoeling” die
buitewêreld kan
bereik nie, want
dan per definisie
kan jy nie die lugdruk
binne hoër
hou nie.
xxx
’n Naamlose leser
het gebel om ons
in te lig dat hy nie
dood is nie. In Die
Bronberger se
Mei-uitgawe het
ons berig dat ’n
gru-ongeluk op
die hoek van
Garstfonteinweg
en Blesbokstraat
op 3 Mei lewens
geëis het. Twee
mense is op die
toneel dood en
nog twee is hospitaal
toe geneem
waar hul
volgens bewering later oorlede is. Dit is een van dié wat gebel het om te sê
hy het dit toe lewendig uit die hospitaal gemaak.
xxx
The Mooiplaats power line project seems to be unstoppable. The Department
of Environmental Affairs approved the scoping report for the proposed
132 kV Mooiplaats power line and substation and is of the opinion
that the scoping report and plan of study for the environmental impact
assessment (EIA) meet the minimum requirements to proceed to the EIA
phase. A public meeting will be held in the near future. All registered interested
and affected parties will be contacted by Stephanie Webber from
Seedcracker Environmental Consulting.
xxx
’n Leeffees word op 8 Augustus by Galagos Landgoed gehou. Dié fees, in
samewerking met die Red ’n Lewe komitee en ABSA bank, strewe daarna
om individue sonder of met uitgeputte mediese fondse wat lewensnoodsaaklike
mediese behandeling benodig, finansieel te ondersteun. Die fees
skop af met Drie Tenore vertonings om 9 vm, 2 nm en ’n gala-aand om 7 nm.
Daar gaan kunsuitstalling deur die dag wees en ander uitstallers is welkom.
Kontak Cobi by 083-454-8319 of 012-734-5883.
xxx
Leer meer van kruiekweek, hul medisinale waardes, gebruike in kos en die
maak van organiese treksels by ’n werkswinkel in Rayton op 9 en 14 Augustus.
Die koste is R180 per persoon, werksmateriaal ingesluit. Ná die werkswinkel
is daar ’n opsionele kruie-middagete. Vir meer inligting kontak Andria
Cronje by tel: 082-669-3273 of e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
xxx
Die ‘pyp’ wat reeds vier jaar lank op Cullinan water mors, was toe eintlik ’n
fontein. Ná eindelose pogings om iemand by Nokeng munisipaliteit te kry
wat iets van die water weet, het iemand met dié inligting gebel. Vreemd
genoeg, loop die fontein glo net in die winter. |