PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 18 March 2008 00:00
Untitled Document

Helena Schoeman skryf:

Ek het nou vir die eerste keer die tydskrif Die Bronberger gesien en is regtig aangenaam verras! Baie dankie vir die lekker lees en lekker doen. Ek het reeds ’n handvol goed gesien wat ek sommer sou gou as moontlik saam met my gesin wil doen.

Advertensies: Het julle dalk ’n pryslys om te sê hoe die advertensie koste werk? Verspreiding: Ek het die tydskrif by iemand anders gekry en het gelees daar word omtrent 8 100 versprei. Ek neem ook aan dit word maandeliks vrygestel. Sal die verspreiding ooit uitbrei na die posbusse in Garsfontein, Moreletapark en Elarduspark? Baie sterkte en weereens geluk!

Dankie, Helena. Ons stuur vir jou ’n pryslys. Die Bronberger verskyn maandeliks. Ons beplan wel om ons oplaag te verhoog hierdie jaar.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger