Wen vier modelkursusse Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 20 May 2010 17:47
Untitled Document

Bronbergers wat droom oor die kalklig, kan dié maand gesogte modelkursusse ter waarde van R4 800 wen.

Vier gelukkige lesers kan elk ’n kursus van SW Models ter waarde van R1 2000 wen en leer hoe om loopplank-, televisie- en fotografiese werk te doen. Die kursusse leer jou ook meer oor grimering en selfbeeldwerk.

As jy televisie-werk wil doen en graag in advertensies wil wees kan jy ook lys op SW Models se webtuiste, www.swmodels.co.za, en hulle sal jou in kennis stel van alle rolverdelings.

SW Models is geleë in Murrayfield. Vir meer inligting, kontak hulle by 087-802-0562/3. Om in aanmerking te kom vir die kompetisie, e-pos die woorde ‘Bronberger/SW Models kompetisie’ in die onderwerplyn na info@bronberger. co.za. Heg asseblief twee gesigfoto’s en een vollengte foto aan en beskryf in 30 woorde waarom jy graag by SW Models modelklasse wil wen.

Verskaf ook jou naam, van, selfoonnommer, e-pos adres, fisiese adres en geboortedatum. Jou inskrywing moet ons voor of op 30 Junie bereik. Wenners sal in ’n opvolgende uitgawe van Die Bronberger bekend gemaak word. Geen familie, vriende of werknemers van SW Models of Die Bronberger mag aan die kompetisie deelneem nie.

 

© 2020 Die/The Bronberger