Die Nickel Wintermark, wat spesiaal met die
oog op die groot sokker gebeure in Suid-
Afrika gehou word, is van 16 tot 26 Junie by
Paul Jungnickelhuis.
Dié mark is ’n voortsetting van die Nickel Kersmark wat
die afgelope nege jaar gehou word. Die doel is om die
talente van ons minder bevoorregte mense ook bekend
te stel aan die oorsese toeris en aan almal wat in
die lang skoolvakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry.
By die Nickel Wintermark kan jy ’n verskeidenheid
items kry wat handgemaak is deur organisasies vir
gestremdes en werkskeppingsprojekte. Tradisionele
Suid-Afrikaanse items sal ook beskikbaar wees soos
koeksisters, beskuit, kralewerk en biltong.
 Die Nickel Wintermark is ?n voortsetting van
die Nickel Kersmark
Werkskepping is ’n groot probleem vir volwasse
gestremde persone. Kungwini Welsyn is ’n nie-winsgewende
organisasie met verskeie projekte vir volwasse
gestremdes, kleuters, tieners, werkswinkel vir
gestremdes en werkskepping.
Paul Jungnickelhuis is een van Kungwini Welsyn se projekte
waar na 140 volwasse persone met gestremdhede
omgesien word. Omdat slegs 35% van dié tehuis
se inkomste in die vorm van subsidie ontvang word is
fondsinsameling altyd deel van hul bestaan.
By die mark gaan daar ook ’n teetuin met ’n verskeidenheid
geregte wees. Vetkoek, kerrie en rys, malvapoeding,
worsbroodjies en bobotie sal te koop wees.
Kredietkaart-fasiliteite sal beskikbaar wees en die mark
is daagliks van 9 vm tot 5 nm oop, insluitende Sondae
en openbare vakansiedae.
Nickel Wintermark is op plot 214
Zwavelpoort in Lynnwoodweg-verlenging
(Grahamweg). Skakel 012-809-0020/1 of
besoek www.kwo.org.za vir ’n kaart en
meer inligting. |