Almal wen met winter-winskope Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 20 May 2010 17:29
Untitled Document

’n Baie spesiale uitgawe van Die Bronberger word vir Junie beplan. Die fokus gaan val op Winter-winskopies/Winter Bargains.

Ons gaan ons adverteerders aanspoor om in dié koue maand warm winskopies aan ons nagenoeg 23,000 lesers te bied. Of dit nou bepaalde goedere of ’n diens is, die winter-winskopies sal nie net in die gewone advertensieruimte geadverteer word nie, maar ook in ’n omvattende redaksionele artikel uitgelig word.

Ons hoop om hierdeur ons getroue lesers te help om die Rande dié winter te rek. Terselfdertyd kry ons adverteerders die geleentheid om hulle ware en dienste op ’n unieke en doeltreffende manier onder die aandag van die mense van ons gebied te bring.

Koopgids
Deur bloot ’n spesiale winskoop-prys van iets vir ’n tydperk in die winter in ’n advertensie aan ons koopkragtige leserspubliek te bied, gaan die adverteerder verseker dat hy/sy opgeneem word in ’n uitgebreide artikel wat ons voorsien om vorentoe as ’n koopgids vir die mense van die Bronberggebied te dien. ’n Koopgids binne in die gebied se eie, gewilde tydskrif wat gereeld geraadpleeg sal word as daar na ’n bepaalde produk of diens gesoek word. Dit is bekend dat die rakleeftyd van Die Bronberger buitengewoon lank is. Mense hou hulle ‘Bronnies’ en ’n groot aantal lesers hou selfs elke uitgawe op lêer.

Ons Winter-winskopies uitgawe sal ’n spesiale plek in die huishoudings van die gebied kry. Dit sal gehou word en gereeld geraadpleeg word. Hoe weet ons dit? Ons weet dit want dit gebeur jaarliks met ons gewilde ‘Dinge om te Doen’ uitgawe in Februarie wat op soortgelyke wyse saamgestel word. Ons sien saam met ons lesers uit na volgende maand se uitgawe.

’n Uitgawe wat geleentheid bied aan adverteerders om blywende indruk te maak en langtermyn blootstelling te kry en wat aan lesers wenner winskope vir die winter sal bied en as ’n omvattende koopgids sal dien.

 

 

 

© 2020 Die/The Bronberger