Die Bronberg se eie wynlandgoed is op 9 April met ?n swierige
funksie geopen. Die nuwe, unieke kuierplek is op die hoek
van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkop-teerpad.

Akteur, Zack du Plessis, het as seremoniemeester opgetree.
Hier is hy besig met die prysuitdeling van die
gholfdag wat die openingsfunksie vooraf gegaan het.
Zack se vrou, Magda van Biljon, is in die voorgrond

Suid-Afrika se rugbyspeler van
die vorige eeu, Frik du Preez, lui
die klok om Bronberg Wynlandgoed
amptelik oop te verklaar

Kallers uit dieselfde kraal en jarelange
vriende Rens van Rensburg,
JP van der Merwe en Faan Smuts
geniet ?n grappie. Faan is mede-eienaar
van die Bronberg Wynlandgoed

Gaste staan nader om die nuwe
Bronberg Wynlandgoed se
openingsfunksie by te woon.

Nie minder nie as 16 voormalige
nasionale en provinsiale rugbyspelers
het die openingsaand van
die Bronberg Wynlandgoed bygewoon.
Hier gesels Thys Lourens,
Noord- Transvaal kaptein en
Springbokflank, en Hans Straeuli,
Noord-Transvaal skrumskakel,
1959. Die Bronberger het ?n foto
van die hele groep rugbygeeste
geneem en sal dit in ?n volgende
uitgawe publiseer
|