Toe Cullinan se ou Stasie
Restaurant destyds sy deure
sluit, was dit ?n hartseer
affêre vir my en Metgesel. Ons was
van die gewoonte om elke dan en
wan te heerlik in die unieke atmosfeer
van die ou perron te loop uitspan.
Daarom was ons bly om te sien die
stasieplek is weer oop, dié keer as
?Oppistasie Restaurant?. Ons sit een
Saterdag af soontoe en ons vat vir
Vriend saam. Jy kan aan die oostekant
van die stasie stilhou en dan
sommer oor die spore na die kuierplek
toe stap.
Hulle het op die perron netjiese
tafels onder sambrele staangemaak
en binne baksteenbankies ala ?diner?
gebou. Half jammer dat dit effe afbreek
doen aan die geskiedkundige
ou plek wat uit 1902 dateer, dink ek.
Ons sit op die perron en word flink
en vriendelik bedien.
Vriend wys ons
daarop dat Oppistasie se pryse
deurgaans heelwat sagter op die
beursie is, as wat die meeste plekke
in die stad s?n is. Die voorgeregte
kos bykans deur die bank R20, of jy
nou hoenderlewers, slakke of spring
rolls bestel. Die verskeidenheid
slaaie wissel van R20 tot R45.
Pastageregte is almal R40, Bobotie
en Lasagne kos R45. ?n Eisbein jaag
jou R69 uit die sak en ?n 500g
T-been R70.
Oppistasie bied ?n unieke ouwêreldse atmosfeer
Die spyskaart spog met ?n hele aantal
hoender- en visgeregte, burgers
vanaf R25, ?n verskeidenheid toebrode
en ander ligter geregte en ?n
goeie keuse braaigeregte.
Vriend besluit op die oxtail stew,
maar die kelner kom terug met die
mededeling dat hulle net ?gewone?
oxtail het. Volgens hom is die gewone
beesstert voortreflik, al vind hy
die sous effe aan die dun kant. Dit
kos R59 en kom saam met rys en
groente.
Metgesel se calamari geniet sy saam
met gebakte aartappel en groente.
Sy meen jy sal ver soek vir beter. Dit
kos R40.
My hoenderpastei teen R45 kom
aan onder ?n fantastiese kors wat so
half middelpaadjie gekam is en my
laat dink dis eintlik ?n dubbele porsie.
Dis ?n hoenderpastei soos wat jy
met Kersete by jou ouma of ma geniet
het. Gasvrou, Vivienne Marais,
bring ?n ongelooflike, tuisgemaakte
brandsousie aan wat nommerpas vir
die pastei is.
Die nuwe plek op die stasie kan sonder
skroom vir ?n gemaklike kuier en
goeie kos aanbeveel word.
Moetproe van die maand
Die nuwe Bronberg Vleismark by die
ou Zwavelpoort Sentrum se boerewors.
Eienaar, Wilhelm, bring die
watertand-resep uit die diep Wes-
Transvaal saam. |