Die negende Cullifest vind
van 30 April tot 1 Mei op
Cullinan se rugbyveld
plaas. Dié gewilde jaarlikse familiefees
word deur die NG Gemeente
Premiermyn georganiseer en trek
uitstallers en feesgangers van reg
oor die land.
Bring jou eie piekniekmandjie, stoele
en drinkgoed en kuier vanaf 6 nm
Vrydagaand 30 April saam met Flip-A-Coin en Bobby van Jaarsveld op
die rugbyveld. Worsbroodjies en
koeldrank sal te koop aangebied
word en die toegangsfooi is R70 per
persoon.

Cullinan se rugbyveld word
in ?n uitstalterrein omskep
Die hekke open om 9 vm op Saterdag
1 Mei en Pieter Naudé, Gerrie
Pretorius, Andriëtte Norman en die
Waterkloof Hoërskool-orkes tree in
die oop-arena op.
Uitstallings en kunsmarkstalletjies
wissel van motors, swembaddens
tot grimering, parfuum, borduurwerk,
skilderye en veteraan enjins.
Vir die jonger geslag is daar vierwiel
pret, spring kastele, ?paint ball? en
skyfskiet. ?n Wye verskeidenheid tradisionele
verversings, teetuin en
biertuin sal beskikbaar wees.
Saterdagaand gaan almal vanaf
5.30 nm om braaivleisvure kuier terwyl
Ses Snare met Mathys Roets,
Mel Botes, Blackie Swart, Wouter
van de Venter, Leon Ecroignard en
Thean Kotze as gaskunstenaars
gaan optree.
Bel Mientjie vir navrae
073-798-4614. |