Pierre bring sy Grootseun huis toe Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 22 April 2010 16:54
Untitled Document

Bronberg-wreld se eie Pierre Breytenbach vermaak gehore dwarsoor die land met sy vertolking van ?n storievertellende plattelandse dominee in die eenman toneelstuk ?Grootseun?. Bronbergers kan di toneelstuk op 14 Mei sien by die NG Gemeente Tygerpoort in Shere.

?Grootseun? gaan oor ?n dominee met ?n sin vir humor en die vermo om ?n storie te vertel soos min. Maar dis nie sommer net stories nie, dit gaan oor dinge wat regtig in sy gemeente gebeur.

Diegene wat Pierre nie onder hul neuse sien grootword het as Nico en Lynette Breytenbach, vroer van Nikos en nou van Kitty Hawk klubhuis, se seun nie, sal hom hoogs waarskynlik as akteur herken.

Pierre het op televisie verskyn in ?Die Casper Rasper Show?, ?Spekskieters?, ?7de laan?, ?Villa Rosa? en tree tans op in ?Proesstraat?. Hy is ook die onvergeetbare karakter in die Wimpy-advertensie wat sy dogtertjie Hendrik wou noem.

Op die verhoog was Pierre onlangs in PG du Plessis se klug ?Sophia Mentz beredder haar boedel? en is deel van die produksie ?Parkamampoer? geskryf deur Harry Kalmer. Pierre het in Bronberg-wreld grootgeword; hy was in Wilgers Horskool, woon nou in Wapadrand en is ?n lidmaat in die NG Gemeente Tygerpoort.


Pierre Breytenbach in die toneelstuk, ?Grootseun?

?Grootseun? is vir die verhoog verwerk deur Marion Holm uit rubrieke deur Barend Vos wat in die gesinstydskrif, ?Lig?, verskyn en is vervaardig deur Handyminds.

Barend is ?n dominee van Warrenton in die Noord Kaap en hy skryf al jare lank oor die wel en wee van sy klein plattelandse gemeente. Die ?Grootseun? vertoning vertel die storie se begin, die arme jong dominee en sy vroutjie se onverwagse inlywing in die gemeenskap met sy eksentrieke oumense en kerkraad.

Dit wys di dinge wat gemeentelede nooit regtig besef nie, maar alte goed aan dominees bekend is. Van die lawwe lastighede, tot die frustrerende, en soms diep ontroerende gebeurtenisse in ?n jong predikantsegpaar se lewe.

Marion Holm het ook die regie van die stuk behartig en s oor die vertoning: ?Dit is skerp, skoon humor ? geskik vir die hele gesin - en gespeel deur een van ons land se veelsydigste akteurs met ?n besondere aanvoeling vir komedie.?

Volgens Pierre gaan mense nie net lekker lag nie, jy kan dalk ook ?n bietjie huil. Die dinge waaroor Dominee Grootseun praat, is so bekend aan ons almal, dat ?n mens nie anders kan as om jou eie prentjies van soortgelyke gebeure in jou verbeelding te maak nie. Sommige van hulle is skreeusnaaks, en ander tref ?n bietjie na aan die hart.

?Grootseun? is al opgevoer van die Kaap tot Namakwaland, Karoo, Kalahari, Noordwes, Vrystaat, Gauteng, Laeveld, Bosveld en Drakensberge. Na elke vertoning gryp die predikante en gemeentelede Grootseun aan die arm, en weier om hom te laat gaan voordat hulle nie ?n lekker kuiertjie saam met hom gehad het nie. En hulle kan nie ophou om hulle eie stories van hulle gemeentes oor te vertel nie.

?Grootseun? word op 14 Mei by die NG Gemeente Tygerpoort opgevoer. Kostes is R50 per persoon vir die toneelstuk wat om 7.30 nm begin. As jy ?n ete vooraf wil geniet, moet jy 6.30 nm daar wees, en die koste vir die toneelstuk en ete saam is R100 per persoon. Vir meer inligting, skakel 012-809-0107 of 012-809-0445.

 

© 2020 Die/The Bronberger