Lian oorlede terwyl hy op oorplanting wag Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 22 April 2010 16:51
Untitled Document

Lian Marais is op Maandag 29 Maart net n vier uur die middag oorlede. Die 14-maandeoue kleinseun van Mike Strange, bekende hulpverlener in die Bronberg-gebied, is oorlede terwyl hy op die waglys vir ?n hartoorplanting was.


Lian Marais Foto: Lee-Ann & Ruan Marais

In Die Bronberger se Februarie-uitgawe het ons berig dat Lian krities siek is en ?n hartoorplanting nodig het. Lian is Mike se dogter, Lee-Ann, en haar man Ruan Marais se kind. Hy het biventrikulre hartversaking gehad wat gelei het na ?n reeks ander probleme soos lewer- en nierversaking.

Lian is die laaste keer op Vrydag 26 Maart in Unitas Hospitaal opgeneem met ?n long wat platgeval het. Hy was geskeduleer vir ?n prosedure wat medisyne direk aan sy hart, via sy nek, sou voorsien, maar sy toestand het drasties begin agteruit gaan. Hy het morfien ontvang om hom te help kalmeer.

Lian se oupa, Mike Strange, s dat Lian se dood nie onverwags was nie, maar nog steeds tragies vir die familie is, want daar was baie hoop dat ?n hartskenker betyds gevind sou kon word.

Lian was in die begin van Maart vir ?n week in intensiewe sorg by Unitas waar hy 10 kg verloor het. Terwyl Lian daar was, is ?n seuntjie van ongeveer dieselfde ouderdom, genaamd Liam, aan dieselfde soort

hartversaking oorlede. Twee dae daarna is ?n klein dogtertjie, wat ?n breingewas gehad het, ook daar oorlede en haar ouers het aangebied om haar hart vir Lian te skenk. Ongelukkig was haar hart beskadig deur haar siekte.

Alle oorblywende fondse in die trustfonds wat vir Lian gestig is, sal onder leiding van Wessel Oosthuizen Prokureurs gebruik word om orgaanskenking te bevorder en om ander in ?n soortgelyke situasie te help.

Lian is op Dinsdag 6 April veras en ?n gedenkdiens is op Donderdag 8 April by die NG Kerk Elarduspark gehou.

 

© 2020 Die/The Bronberger