Daar word ?n Kragdag by Diamantvallei gehou op 22 Mei waar voorbeelde
van alternatiewe kragbronne uitgestal gaan word. Produkte wat vir die
gewone verbruiker ?n oplossing kan bied, strek van sonverwarming vir kook
en waterverwarming, alternatiewe verbrandingsmateriaal (soos jel), LED
ligte vir besparing, sonpanele, batterye, windlaaiers en brandstofontwikkeling
(soos bio-diesel). Innoverende individue word genooi om hul planne te
kom uitstal. Daar is pryse vir die beste idee of model vir die opwekking van
alternatiewe energie of energie besparing in die volgende kategorieë: laerskool,
hoërskool en individue. Bespreek jou stalletjie teen R50 buitenshuis
en R100 binnenshuis by Hendrik en Alida Verwoerd: tel 012-736 2154 of
083-258-5239.
xxx
Ons hoor dat daar ?n gewapende roof by Rhino Ranch, geleë op die Rhenosterfonteinpad,
was op Dinsdagoggend, 13 April. Blykbaar was daar vier wit
gewapende rowers wat in ?n wit Golf daar weg is.
xxx
Blykbaar gaan Grinaker LTA voort met hul aansoek om ?n teeraanleg in
Donkerhoek daar te stel, ten spyte van inwoners se protes. Grinaker, een
van die grootste siviele ingenieurs- kontrakteurs in die land, het vir Cave
Klapwijk en Vennote, die maatskappy wat die openbare deelnameproses
rondom die teeraanleg hanteer, laat weet dat hul nie die aansoek gaan
terugtrek nie.
xxx
Laerskool Witpoort hou weer Biltongfees op 15 Mei van 4 nm tot laat.
Dié keer sing Juanita du Plessis. Instapkaartjies is R90 per volwassene en
R60 per hoërskoolleerling. Laerskoolleerlinge se toegang is gratis, maar
hulle moet deur hul ouers vergesel word. Bring jou eie kampstoel en
kombers. Daar is ?n verskeidenheid verversings te koop. Huur ?n lapa/losie by
die skool en onthaal jou eie gaste of kliënte. Vir meer inligting, kontak
Roelien by 082-495-2937 of Susan by 011-964-1251. |