Dan eerder vol nonsens Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 22 April 2010 16:35
Untitled Document

Die nuus dat ?n groot deel van die Bronberg-gebied eersdaags onder die gehawende vlerke van Kungwini en Nokeng uitgeskuif gaan word om deel van die Tshwane Metroraad te word, word nie deur almal met ewe groot geesdrif verwelkom nie.

Kommer heers by hoewe-eienaars oor ?n belastingstruktuur wat hulle aansienlik meer uit die sak kan jaag. Maar dit is ontwikkelaars met toekomsplanne vir die gebied, wat veral opsien na die oorname. Want, soos een ontwikkelaar dit gestel het, Kungwini is nie naastenby so vol ?nonsens? as Pretoria waar dit by die goedkeuring van ?n ontwikkeling kom nie.

?Vol nonsens? beteken straks in di geval dat Pretoria hulle statutre verpligtinge behoorlik nakom, iets wat die willewragtags van Kungwini oor die afgelope aantal jare glad nie gedoen het nie.

Volhoubare, gekordineerde en omgewingsbewuste ontwikkeling is iets waarvan di plaaslike owerheid skramsweg gehoor het, maar verkies om hulle basse aan af te vee.

Soos Johann van der Merwe van die Kungwini Wes Alliansie dit stel: Wat ons met Kungwini het is bloot ?n kunsmatige, eintlik klugtige, omgaan met die nodige wetlike prosesse.

In die afwesigheid van ?n betroubare owerheid of verteenwoordiging en met die gebrek aan lewensvatbare ontwikkelingsraamwerke, -riglyne of kwotas, is dit geen wonder nie dat korrupte kortpaaie en twyfelagtige gebruike soos doelbewuste halwe waarhede, disinformasie en die uitbuiting van ?n onbewuste en apatiese publiek tot vandag toe nog toegelaat word om te floreer, s Johann. Ons sien met oorgawe uit na ?n owerheid wat in die toekoms ?vol nonsens? sal wees.

Skaapwagter toe ?n wolf
Dit is met skok, maar sonder verbasing, dat ons die nuus oor Boschkop se rower-polisieman ontvang het. Oor die jare en veral in die onlangse verlede, het ons baie klagtes van ons lesers oor die diens van die Boschkopse polisie, of dan die gebrek daaraan, gekry.

Ligpunte was daar ook. Soos met die aanstelling van ?n nuwe stasiebevelvoerder wat werklik lyk of dit sy erns is om die stasie reg te ruk en misdaad te bekamp.

Maar stories en klagtes oor onbekwaamheid, onbereikbaarheid, belangeloosheid en selfs rassisme het gereeld ons ore bereik.

Daarom is ons nie te verbaas nie dat in ?n omgewing waar werktrots en die erns om misdaad hok te slaan en werklik ?dienaars? van die gereg te wees, grootliks afwesig blyk te wees, die teelaarde geskep is waar wolf maklik skaapwagter gemaak kan word.

 

© 2020 Die/The Bronberger