Italiaanse meesters Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 18 September 2026 12:00
Untitled Document

Italië was Augustus se toerbestemming met die Tierpoort Seniors se denkbeeldige reis om die wêreld. Hanelie Jaume het die toer gelei met die byeenkoms by Rolling Waters te Nkweweg.


Glasskilder soos die Romeine dit gedoen het

Hulde is met die geleentheid aan Rina Snyman gebring wat vir soveel jare haar mooie lewenssprankel met die groep gedeel het.


Lynne Stevens, Gila Decuypere en Edwin Whittle

Die ‘toer’ is met interessante geskiedenis, argitektuur, kunste en kos-feite van die land ingekleur: Vanaf die Colosseum in die ou stad Rome tot in die St. Peter Basiliek in die Vatikaanstad waar die dagtoer afgesluit is.


Kreatiewe Doreen Fourie

Die seniors kon kreatief aan eg Italiaanse Pizza-bou, groepskilder, glasverfkuns en mode ontwerp, gefasiliteer deur Natasha Jaume van ERRE Fashion, deelneem.

Na die Limoncello verwelkomingsdrankie het die ideale spyskaart gevolg: Geurige Lasagne bedien met groenslaai en eg Italiaanse Tiramisu-nagereg.

 

© 2025 Die/The Bronberger