|
News -
Ons Mense
|
|
Friday, 18 September 2026 12:00 |
Untitled Document
|
Lewensafrigter Rida Viljoen was die spreker by ’n oggend vir vroue op 29 Augustus by Ons Plek Kleinfontein-kleuterskool.
Rida het vir jare met sistiese fibrose gelewe en sy het haar storie van oorlewing, roeping en moed met die 50 vroue, wat die geleentheid bygewoon het, gedeel.
 Rida Viljoen, links, en Carlene du Toit Foto: Verskaf
Die oggend se vermaak het verskeie kompetisies ingesluit, van die swaarste en ligste handsak asook ’n kykie na wat die vreemdste item is jou handsak is. Daar was pryse te wen en ’n ligte ete het gevolg.
|
|