Vier 24 jaar van Bronnie–stories Print E-mail
News - Kommentaar
Friday, 14 August 2026 12:00
Untitled Document

Vier-en-twintig jaar! Dít is hoe lank die Bronnie met die volgende uitgawe in September die pad saam met sy steeds groeiende getal lesers, vriende en getroue adverteerders loop.

Oor dié bykans kwarteeu het baie mense hulle stories vir ons vertel, stories van toeka se dinge, onthou-stories, rou-stories, spog-stories, spookstories en gruverhale. Wanneer iets wonderlik gebeur, verander mense dit in ’n storie. As iets wat seermaak gebeur, doen hulle dieselfde. Ons mense vertel saakmaak-stories.

Daar is ’n begeerte om gebeure oor te vertel sodat dit ’n storie met ’n begin, ’n middel en ’n einde word – nie net ’n reeks objektiewe feite nie. Mense doen dit om betekenis te probeer vind in dit wat hulle beleef het.

Ons het iets agtergekom: Die manier hoe mense stories vertel, onthul iets oor wie die mens self is en dit is soms belangriker as die spesifieke gebeure waaroor die storie oënskynlik gaan. As iemand vir jou ’n storie vertel, nooi hulle jou eintlik uit om die manier waarop hulle gebeure ondervind het, te probeer meemaak. “Hierdie het vir my saakgemaak,” sê hulle en hoop dat jy dit sal kan begryp.

Is daar ’n spesifieke storie in die afgelope 24 jaar se Bronnies wat jou nog al die jare bybly? Wanneer het jy jou heel eerste Bronnie raakgeloop? Ons sien uit daarna om ons leser-vriende se herinnerings met ander lesers te deel.

Ons nooi ook almal wat in die laaste 24 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, om ons verjaarsdag saam met ons te vier. Jou advertensie gaan in ’n gedenkuitgawe verskyn wat ons lesers bewaar en oor baie maande heen in terugblaai.

Ondernemings wat nog nooit in die Bronnie adverteer het nie, sal vind dat nou die perfekte tyd is om ’n bewese, suksesvolle advertensie-medium te ontgin: Een wat baie uitdagings oor 24 jaar oorleef het om steeds waarde (en voete) na jou onderneming te lok.

Watter voorreg is dit om dié langpad met geesdrif saam met ’n baie spesiale en eiesoortige gemeenskap te kan loop. Saam met elke leser en adverteerder sien ons na ’n merkwaardige verjaar-uitgawe in September uit en glo in ’n goeie pad vorentoe vir ons almal.

Bespreek jou plek vroegtydig
Die sperdatum vir die Bronnie se spesiale gedenkuitgawe is Dinsdag 8 September. Skakel 012-734-0522 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Angie: 083-959-1016 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Tania: 072-089-0227 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Bel Hannes: 072-992-5440 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2025 Die/The Bronberger