|
News -
Ons Mense
|
|
Friday, 14 August 2026 12:00 |
Untitled Document
|
Stofpad Hero bied op 27 September die Copper Eagle Vasbyt aan. Daar is ’n 1 km, 10 km, 20 km, 40 km en 70 km roete op plaaspaaie wat by Pretoriaweg 1129, Bapsfontein begin.
Registrasie is van 6.30 tot 7.30 vm en die fietsryers spring om 8 vm weg. Dié is ’n dag vir die hele gesin met koskraampies, resies-medaljes en waterpunte.
 Die Stofpadtrappers op die laaste naweek in Julie Foto: Verskaf
Ter voorbereiding het die Stofpadtrappers, ’n sosiale fietsrygroep wat die stofpaaie oos van Pretoria met hulle bergfietse aandurf, die laaste naweek in Julie behoorlik getrap. Die Saterdag het hulle ’n 130 km roete gery wat by Oudezwaanskraal op die Dorstfonteinpad geëindig het en die Sondag was dit ’n makliker 60 km roete wat by Urban Fields op Garstfonteinweg-verlenging begin het. |
|