|
News -
Ons Mense
|
|
Friday, 17 July 2026 08:00 |
Untitled Document
|
Tierpoort Seniors se Junie-byeenkoms was ’n denkbeeldige Camino deur Spanje by Lavandou op Tierpoort.
Hulle het in Barcelona met die indrukwekkende Sagrada Familia, begin. Daarna het hulle na Madrid gereis, bekend vir sy sokkerkultuur. Hier het die seniors ook groot pret met ’n ballonspeletjie gehad, waar tafel twee as wenspan uit die stryd getree het.
 Die sokker-wenspan in Barcelona: Bruce en Lynne Stevens; Elize Labuschagne; Gila Decuyperer; Trudie Laubscher; en Elize Breen
Die reis het voortgegaan na Valencia, waar hulle meer oor die bekende vlermuislegende geleer het en die oorsprong van die beroemde paella ontdek het. Daarna het hulle Sevilla, die tuiste van die passievolle Flamenco-dans, besoek en het in Santiago, bekend vir die einde van die 780 km Camino-pelgrimsroete, afgesluit. |
|