Die oudste oorblywende
rolprent wat ooit in Suid-
Afrika gemaak is, is in Pretoria
verfilm. Die snit bestaan uit ’n
paar sekondes beeldmateriaal wat
wys hoe President Paul Kruger in
1898 in die staatskoets klim in Kerkstraat.
Hoeveel ander rolprente is daar in
dié tyd gemaak en wat het van hulle
geword? Volgens rolprent historikus
Thelma Gutsche se navorsing is die
eerste rolprent met ’n projektor in
1896 by die Empire Palace of Varieties
in Johannesburg vertoon.
?n Toneel uit die oudste oorblywende rolprent wat in Suid-Afrika
geneem is
Foto: Rosa Swanepoel se Ou Pretoria Nuusbrief
Wat dié rolprent was, weet niemand
vandag meer nie. Dit is geadverteer
as “bewegende prentjies” en is deur
Carl Heinz, ’n Vaudevil vermaaklikheidskunstenaar
wat naam gemaak
het as goëlaar, vertoon.
In Rosa Swanepoel se Ou Pretoria
nuusbrief, verduidelik Peter Wood
die verskil tussen rolprente wat met
’n projektor vertoon is en dié wat
met ’n Kinetoskoop masjien vertoon
is. Die Kinetoskoop was ’n masjien
waar jy geld in ’n gleuf moes sit
voor hy begin werk het. Dan moet jy
deur ’n klein gaatjie loer om die paar
sekondes bewegende beelde te
bekyk. Dié masjien is deur Thomas
Edison ontwerp en was in 1891
gereed om gepatenteer en gedemonstreer
te word. Die eerste sulke
rolprente is in 1895 by Henwoods
Arkade in Johannesburg vertoon.
Selfs toe die meer ‘moderne’ projektor
in gebruik gekom het, het die
langste rolprente steeds net ’n paar
sekondes geduur. Dit was omdat
kameras net 100 voet film kon vat,
en mense nog nie geweet het hoe
om stukke rolprent aanmekaar te
las om ’n storie te maak nie.
Empire Palace waar die eerste rolprent met projektor in 1896 vertoon is
Edgar
Die 1896 vertoning by die Empire,
het die bestuurder van die plek,
Edgar Hyman, so beïndruk dat hy
besluit het om self te begin films
maak. Hy het dadelik ’n rolprentkamera
van oorsee bestel en het
kort films in Johannesburg se strate
begin maak. Blykbaar was sy tegniek
om die kamera voor in ’n trem
te sit en so bewegende straattonele
vas te lê op film.
Edgar het sy films ewe entoesiasties
vir die Warwick Trading Company in
Londen, een van die eerste maatskappye
wat rolprente vervaardig
en versprei het, gestuur. Die stukkie
film wat wys hoe President Kruger
in die staatskoets klim was in Warwick
se katalogus gelys. Tog noem
die katalogus nie wie die kameraman
was nie. Blykbaar kon dit óf
Edgar of Joe Rosenthal gewees het.
Dié twee het vir Warwick gewerk as
oorlogskorrespondente met die
Tweede Vryheidsoorlog van 1899
tot 1902. Daar bestaan selfs vandag
nog ’n paar snitte wat hulle in die
oorlog verfilm het.
Volgens rolprent historikus Thelma
Gutsche het die film dokumentasie
van die Tweede Vryheidsoorlog die
wêreld se aandag vir die eerste keer
op die belangrikheid daarvan om
geskiedkundige gebeure op rolprent
vas te lê, gevestig.
Edgar Hyman met sy
rolprentkamera toe hy as oorlogskorrespondent
gewerk het
Foto: Rosa Swanepoel se Ou Pretoria
Nuusbrief
Bekend
Een van die bekendste rolprentkameramanne
wat hier as oorlogskorrespondent
kom werk
het was ‘Biograph’
se William
Kennedy Laurie
Dickson. Peter
Wood skryf dat
William die persoon
was wat die
eerste rolprentkamera
asook die
35 mm filmformaat
ontwerp het
toe hy vir Thomas
Edison in New
Jersey gewerk het van 1889 tot
1895.
William het later ’n boek geskryf oor
sy rolprentfilm-ervarings in die
Tweede Vryheidsoorlog, genaamd
‘The Biograph at War’.
Ná die oorlog het die hoeveelheid
rolprente wat in Suid-Afrika verfilm
is, sterk afgeneem. Navorsers sê dat
net die verfilming van Cecil Rhodes
se begrafnis in April 1902 van historiese
belang was. Dié begrafnis is
verfilm deur JT Blake, die bioskoopoperateur
van Fillis Sirkus.
In 1910 is ‘The Great Kimberley Diamond
Robbery’ uitgereik, die eerste
vollengte-dramafilm, alhoewel
klankloos, wat in sy geheel in Suid-
Afrika vervaardig is.
Ons eie plaaslike filmmaker Edgar
het besluit dat hy hom voltyds met
dié nuwe rolprentbedryf gaan besig
hou. In 1910 het hy ’n paar bioskope,
almal met die naam Empire,
oopgemaak aan die Rand. In 1913 is
Edgar se Empire teaters oorgeneem
deur finansier Isadore William
Scheslinger.
Joseph Albrecht, wat die eerste
klankprente in die land, ?Sarie
Marais? en ?Moedertjie?,
gemaak het
Bedryf
Issie het beheer oorgeneem oor die
bioskoop en teaterbedryf in Suid-
Afrika en sy monopolie van teaters
het in 1913 tot stand gekom onder
die naam African Theatres Trust.
Dieselfde jaar het hy ook African
Films Trust, wat as ’n internasionale
verspreidingsmaatskappy gedien
het, gestig.
Hy het ook die eerste
plaaslike filmproduksiemaatskappy,
African Film
Productions, in 1915 aan
die gang gesit in ’n ateljee
in Killarney, Johannesburg.
Hier is 30 films gemaak
wat tussen 1915 en 1919
vrygestel is. Teen dié tyd
was films 35 tot 65 minute
lank.
?n Toneel uit die film ?Moedertjie?
Die eerste geanimeerde
film wat in Suid-Afrika gemaak
is, is in 1915 deur
African Film Productions
gemaak en was ’n kort
komedie genaamd ‘Artist’s
Dream / The Artist’s Inspiration’.
Dennis Sentry,
spotprenttekenaar vir ‘Rand Daily
Mail’ en ‘Sunday Times’, was die
kunstenaar en die ster aktrise was
niemand anders as ou Issie se eie
vrou nie – Mabel May. Die film se
regisseur was Harold Shaw, wat ook
vir ‘De Voortrekkers’, vervaardig in
1918, verantwoordelik was. Dié film
is dekades lank elke jaar op 16
Desember vertoon.
Van die 1917 films, ‘The Adventures
of Ranger Focus’, ‘Don’t You Believe’,
‘Crooks and Christmas’, en
‘The Adventures of Ben’ is daar
ongelukkig niks behalwe ’n paar
publisiteitsfoto’s oor nie.
?Just a moment please while the
operator changes a reel?
Foto: www.sahistory.org
Klank
Die eerste klankprente, Joseph Albrecht
se ‘Sarie Marais’ en ‘Moedertjie’,
is by die gala-opening
van die Capitolteater
in Pretoria op
5 September 1931 vertoon.
Dit was slegs vier
jaar na die eerste internasionale
klankfilm, ‘The
Jazz Singer’ in 1927
vrygestel is.
‘Moedertjie’ is gebaseer
op JFW Grosskopf se
toneelstuk, ‘In die wagkamer’,
wat handel oor die
gebeure in 1914 toe ’n
groot groep jong Afrikaners
van die landelike dele
stad toe getrek het op
soek na ’n beter lewe.
Tante Koester (Moedertjie)
en haar man ry per
trein na Maraisburg om te
gaan soek na hul enigste
seun, Hendrik, wat die
afgelope twee jaar nog nie
huis toe geskryf het nie. Hulle kom
ná donker op die stasie aan en moet die nag in die stasie se wagkamer
deurbring waar hulle vreemdelinge
ontmoet, elk met sy eie verhaal van
hartseer. Almal vind waarna hulle op
soek is: ’n kind,
’n verlore liefde,
vryheid en aanvaarding,
maar
nie op die manier
waarop hulle
gehoop het
nie.
Die film ?Moedertjie? is
gebaseer op JFW Grosskopf
se toneelstuk, ?In die
wagkamer?
Die akteurs is
Stephanie Faure,
Joan du Toit,
J Plaat-Stultjes,
Carl Richter en
Pierre de Wet.
Die klankbaan is
gedoen deur
Chris Blignaut en
die Melodians,
die draaiboek deur JFW Grosskopf,
en die regisseurs was Joseph Albrecht
en Stephanie Faure.
‘Sarie Marais’ is verfilm in Johannesburg. Die storie speel af in ’n Britse
krygsgevangekamp en konsentreer
op ’n groep Boere-gevangenes onder
die wakende oë van die Britte.
Een van die krygsgevangenes, gespeel
deur Billy Matthews, begin die
liedjie ‘Sarie Marais’ sing en sy entoesiastiese
singery gee die ander
gevangenes hoop vir die toekoms.
Die klankbaan is gedoen deur Chris
Blignaut en die Melodians.
Só het ?n mens afgekyk na die film-doek
Foto: Marius: ?Preserve the Capitol Theatre?
Capitol
Dié twee films het staande toejuiging
geniet by die Capitol-teater, in
Parlementstraat, Pretoria, se opening
wat deur Generaal JBM Hertzog,
toe die eerste minister van die
Unie van Suid-Afrika, waargeneem
is.
Die Capitol-teater was een van die
eerste atmosferiese bioskope wat in
Suid-Afrika gebou is. Die teater is in
die Italiaanse Renaissance-styl ontwerp
deur P Rogers Cooke, ’n bekende
argitek in die dertigerjare.
’n Prominente kenmerk van die
Capitol was sy ongewone ingangsportaal
en die groot portaal wat
toegang tot die orkesput gegee het.
Die foto is in die Capitol-teater se ingangsportaal
geneem by die ?naval Night? op 4 Mei
1953 toe die drama ?The Cruel Sea? vertoon is
Foto: Cinema Souvenirs
Dié portale was meer as 200 voet
lank. Vanaf die portaal het ’n reuse
stel trappe opgelei na ’n wye promenade
waar verversings bedien is
met pouses. Vanaf die mezzanine
promenade het twee gange toegang
gegee tot die paadjie wat die
sitplekke in die onderste sirkel afgeskei
het van dié in die boonste
sirkel.
Die Capitol het ook ’n Wurlitzer
orrel gehad wat agter afskortings gestaan het wat vanaf die orkesput
beheer is.
Met die koms van multi-bioskope in
die laat 1970’s is die majestueuse
Capitol-teater toegemaak. Wat oorgebly
het van
dié historiese
gebou is later
omskep in ’n
parkeergarage.
Die Capitol-teater in sy gloriedae
Foto: Marius: ?Preserve the Capitol Theatre?
In
Desember
2007 is die ou
Capitol ingerig
as ’n nagklub,
genaamd
Legends. Die
klub kan egter
net die ingangsportaal gebruik
omdat dit die enigste deel van die
gebou is wat as veilig beskou word.
’n Facebook-groep genaamd ‘Preserve
the Capitol Theatre’ is gestig
met die doel om dié teater sy
gloriedae te laat herleef en
weer ’n bastion van die Suid-
Afrikaanse kuns- en vermaaklikheidsbedryf
te vorm.
Vir meer inligting besoek
http://af-za.facebook.
com/group.php?gid=
8360943169 of stuur ’n e-pos
aan Marius:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Die eerste klankfilms
in die land se
klankbaan is gedoen
deur Chris Blignaut
en die Melodians
|