|
News -
Ons Mense
|
|
Friday, 17 July 2026 08:00 |
Untitled Document
|
Button moes amper 10 jaar lank wag voor hy uiteindelik sy eie huis kon kry. Hy het in Desember 2016 by Wet Nose-diereskuiling aangekom nadat hy verlore in die strate rondgedwaal het met ’n stuk nylon wat te styf om sy nek vasgedraai was.
 Button se blydskap is duidelik in sy breë glimlag te siene Foto: Wet Nose
Hy het geduldig in ’n hok by Wet Nose gesit en wag vir iemand om hom aan te neem. Dae het maande geword, maande het jare geword en Button het begin oud word. Hy het gesien hoe die ander honde rondom hom huise kry terwyl hy agterbly.
En toe, amper ’n dekade later, het iemand sy grys gesig raakgesien en hom gekies. Hy het presies geweet wat gebeur – vandag is sy dag – en het dit duidelik met ’n breë glimlag gewys. Nou het Button nuwe dieremaatjies om mee te speel, genoeg ruimte om sy bene behoorlik te rek en, in dié koue wintermaande, sy eie snoesige plekkie op die bank – alles wat hy nog altyd verdien het. |
|