|
 Die jaarlikse KragDag Ekspo is van 6 tot 8 Augustus, daagliks van 8 vm tot 5 nm by Diamantvallei-landgoed op Rhenosterfontein langs die R515-pad. Dié ekspo is ’n versamelpunt van meer as 600 uitstallers en duisende besoekers (32 500 in 2025) wat meer oor volhoubare oplossings wil uitvind met fokusareas soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding, vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting, entrepreneurskap en ander doen-dit-self besielings. Dié is jou kans om moderne uitdagings te verken met die oog op praktiese en kreatiewe oplossings en die ekspo bied ook ’n uitsonderlike geleentheid vir ’n gesinsuitstappie – ’n leersame en inspirerende ervaring in ’n karnavalatmosfeer. Besoek www.kragdag.co.za, skakel 087-231-1644 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
 FijnKraft Retro word op 8 Augustus van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Dié is ’n fees waar ’n mens jenewer, bier, brandewyn, rum, whiskey en ander boetiekbrouers se produkte kan proe. Daar is ook eetgoed by verskeie koskraampies en musiekkunstenaars wat optree. Kaartjies kos R250, sluit ’n glas en proe-sessies in, en is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659, stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of besoek www.fijnwyn.co.za.
~*~
 NG Gemeente Tygerpoort se Lig en Ritme-fees word van 12 tot 14 Augustus gehou. ‘Nataniël in Konsert’ is op 12 en 13 Augustus en kaartjies kos R310 by quicket.co.za. Die teaterkafee by die kerk open om 5:30 nm en die vertonings begin om 7.30 nm. Die feesmark, kosmark, pretpark, karnavalstraat, radio-uitsending en optredes is op Vrydag 14 Augustus vanaf 1.15 nm op Laerskool Tygerpoort se sportvelde, oorkant die kerk by Henryweg 41, Shere. Hoofkunstenaars wat op die buitelugverhoog gaan optree is die Saxby Twins, Arno Jordaan en Riaan Benadé. Algemene toegang kos R180 en kaartjies is by quicket.co.za beskikbaar.
~*~
 Klitsgras Drumming is hosting a Fire Fest on 25 July at plot 62, just off Garstfontein Road in Tierpoort. The gates open at 2 pm with a relaxed, family-friendly vibe, a market, food, wood-fired pizza and a fully stocked bar. The energy builds from 5 pm with a family and novice drumming session, followed by the full drumming circle at 6 pm. At 7 pm the fire dancing competition lights up the night, showcasing powerful performances and creative fire artistry. Adult door entry is R120 and tickets are available at quicket.co.za.
~*~
 AP Kerk Pretoria-Oos nooi almal uit na hulle nuwe preekpunt by die CVO Skool Pretoria, op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg) en Arthurweg, Shere. Dié bediening wil ’n geestelike tuiste wees vir studente, gesinne en die breër Afrikanergemeenskap. Die volgende diens is op 26 Julie om 6 nm. Die diens daarna is op 23 Augustus. Vir meer inligting, bel Louis Cloete: 076-207-4328.
~*~
 ‘Skuif Jou Kroon Reg’ vier Vrouemaand op 8 Augustus om 4 nm by The Glen Venue, Corobaylaan 190, Garsfontein. Dié is ’n intieme, elegante vrouedag-ervaring waar jy mooi kan aantrek, saam met jou vriendinne kan lag, ontspan en jouself net weer geniet. Die tema is ‘Too glam to give up’ en die verrigtinge word deur Magda Calitz aangebied. Kaartjies kos R300 en is by quicket.co.za beskikbaar.
~*~
 Bibi se eenvrou-vertoning, ‘Aspris’, sien op 9 Augustus om 3 nm die lig by AfriForum-teater in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark. Met eerlike stories, humor en musiek neem Bibi jou op ’n reis van selfontdekking en aanvaarding. Soos haar nuwe enkelsnit sê: “Jy gaan moet wees wie jy is. Aspris net wie jy is.” Kaartjies kos R200 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar.
~*~
 Die Noot vir Nood-koorfees ten bate van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede (NCPD) onder die vaandel van Gigs for Good word om 7 nm op 5 Augustus by Laerskool Tygerpoort, Henryweg 41, Shere aangebied. Die Noot vir Nood-konsertreeks bied gehore ’n aand van musiek, samesyn en hoop, waar kreatiwiteit in daadwerklike impak omskep word. Die program sluit die volgende in: Trans-Oranje Skool vir Dowes; Tygieland-koor; Laerskool Monumentpark Juniorkoor; Laerskool Tygerpoort Juniorkoor; Laerskool Tygerpoort Seniorkoor; Singfonix Mans-ensemble; en Tygerpoort Marimba-groep. Kaartjies kos R100 en is by quicket.co.za beskikbaar.
~*~
 In haar splinternuwe eenvrou-vertoning, ‘Gryp elke grasHolm’, doen Marion Holm wat sy altyd doen: komedie met baie hart. Die boodskap is dat ’n mens na elke grashalm humor, hoop of harmonie moet gryp, want die wêreld is deurmekaar en jy moet maar self komedie skep. Die vertoning is om 3 nm op 2 Augustus by Fairtree Atterbury-teater in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Kaartjies kos R230 en is by seatme.co.za beskikbaar.
|